Swem net by strande waar lewensredders aan diens is
Lewensredders is vanaf 10 uur soggens tot 6 uur saans tydens naweke en in die week tydens die somerskoolvakansies aan diens by uitgesoekte strande. Luister na hul raad en praat met hulle oor hoe veilig die strand is wat jy besoek. As hulle nie aan diens is nie, moenie swem nie.
Swem tussen die lewensreddervlae
Leer kinders dat as hulle tussen die lewensreddervlae swem, die lewensredders hulle sal dophou en sal help as daar ’n probleem is. Waai net jou arm as jy hulp nodig het.
Moenie drink en verdrink nie
Alkohol en water is nie maats nie. Moet nooit drink en dan gaan swem nie.
Moenie alleen gaan swem nie. Swem altyd saam met iemand.
As jy saam met iemand anders gaan swem, is daar iemand wat hulp kan soek indien jy dit nodig kry en nie self vir die lewensredders kan waai of self hulp kan inroep nie.
Volwasse toesig en versperrings tot water is lewensnoodsaaklik
Volwassenes wat oor kinders toesig hou in of naby water moet kan swem. Dit is noodsaaklik as dit by ’n watermassa is waar daar nie lewensredders is nie. Dit is uiters gevaarlik om die water te betree om iemand te red; gooi eerders iets wat dryf na die persoon wat in die moeilikheid is en bel om hulp te kry (112 vanaf ’n selfoon). Sleutel ook die naaste Seereddingstasie se nommer in jou foon in voordat jy na ’n strand gaan. Kinders moenie oor versperrings soos heinings om swembaddens kan klim om in die water te kom nie.
Weet hoe om trekstrome (rip currents) te oorleef
As jy tussen die lewensreddervlae swem, sal die lewensredders seker maak dat jy veilig is en ver weg van trekstrome is. As dit vir watter rede ook al nie moontlik is nie, moenie swem nie. Leer ook meer oor trekstrome.
Moenie self iemand probeer red nie
Roep ’n lewensredder of bel die NSRI deur 112 vanaf jou selfoon te bel – dis gratis. Nadat jy gebel het, probeer die persoon help deur iets wat dryf soos ’n bal of ’n stuk skuimrubber na hom toe te gooi.
Moenie toelaat dat kinders drywende voorwerpe of speelgoed, of bande by die see of op damme gebruik nie
Jy kan baie vinnig ver weg van die strand af dryf. Al is bande en Styrofoam groot pret, is dit baie maklik om daarvan af te val. Kinders wat nie kan swem nie en in diep water afval, sal verdrink.
Moenie toelaat dat jou selfoon of sosiale media jou aandag aftrek wanneer jy toesig hou oor kinders nie
Terwyl jy naby water na kinders kyk, moet jy op hulle en niks anders nie fokus. Jy kan nie kinders in die water dophou en terselfdertyd op jou foon besig wees nie.
Besoek strande waar lewensredders aan diens is – daar is’n rede hoekom ons dit herhaal!
Vertaal in Afrikaans uit https://www.getaway.co.za/travel-news/how-to-stay-safe-at-sas-beaches/