22.4 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & LivingGeneral knowledgeNews

AFRIFORUM BUURTWAG

Die AfriForum Buurtwag se teenmisdaad-aksie wat vanaf Vrydag 8 Julie 2022 tot Saterdagoggend 9 Julie 2022 geloods is in Groot-Brakrivier was uiters suksesvol. Vir ongeveer 8 van die 14 uur was 18 motorvoertuie en 37 mense deurlopend betrokke met patrollies en die stig van ’n paar waarnemingsposte op selektiewe plekke.

Hierdie Buurtwag het ’n baie belangrike band gesmee met entoesiastiese vriende in Greenhaven en Wolwedans. Die Buurtwag is van voorneme om hierdie vennootskap te verstewig en uit te bou deur meer gesamentlike optredes in die toekoms van stapel te stuur om ons gemeenskap te beveilig. Deur die suksesvolle optrede van die Buurtwag en lede van die gemeenskap, is destabiliserende elemente ontmoedig en is waardevolle informasie versamel en verwerk. AfriForum het hierdie aksie geloods omdat ons omgee vir die veiligheid van ons gemeenskap. Ons is dankbaar vir elke persoon en elke instansie wat ’n bydrae gelewer het. Saterdagaand het die Wetstoepassingsdepartement van die Munisipaliteit ’n blitsaksie geloods as deel van die operasie.

Ons standpunt is: “Een dorp, een gemeenskap, een kans”. Kom ons gryp dit aan en bewaar ons dorp en sy mense!

Related posts

MY FAMILIELID HET ALZHEIMERS/DEMENSIE – WAT NOU?

Anel Malherbe

Join us at this year’s Fragrance Fest

Nelma Ruschioni

GARDEN ROUTE BOTANICAL GARDEN

Shaun Swanepoel

Pinky the Flamingo

Scott Thomson

WILL SOLAR POWER INCREASE THE VALUE OF YOUR HOME?

Grant Smee

BEE AWARE

Scott Thomson