13.5 C
Mossel Bay
28th Jul 2021
Community & Living

BETER AANBOD VIR JOU EIENDOM WAT NOU?

VERKNORSING

Jy besluit om jou eiendom te verkoop en in die mark te sit. Jy kry ‘n laer aanbod as jou prys en een wat jy nie werklik wil aanvaar nie, maar in die vrees dat jy nie later ‘n beter aanbod gaan kry nie, aanvaar jy dit.

Die normale verkoopsooreenkoms bevat gewoonlik ‘n opskortende voorwaarde wat die voornemende koper gewoonlik meer as dertig dae gun om ‘n verband te kry, of is onderhewig aan die verkoping van die koper se huis wat letterlik maande mag neem.

Gedurende die tyd wat die opskortende voorwaarde van toepassing is, verloor jy waardevolle tyd wat bemarking van jou eiendom betref, en kon daar moontlik ‘n beter of perfekte aanbod gemaak gewees het op jou eiendom.

ONTSNAPPING

Om jou uit die verknorsing te help is dit raadsaam om ‘n “ontsnappingsklousule”, of “voortgaande bemarking” klousule in jou kontrak in te voeg.

Kortom beteken dit dat jy die reg beding om te kan voortgaan om jou eiendom te bemark vir solank as wat die opskortende voorwaarde nog hangend is, en nog nie aan voldoen is nie.

Indien jy aanhou om jou huis te bemark en ‘n beter aanbod sonder voorwaardes word aan jou voorgelê, kan jy die bestaande koper 72 uur kennis gee om die nuwe aanbod te ewenaar of te verbeter.

Die bestaande koper sal dan binne 72 uur, of moet afstand doen van die voorwaarde, of daaraan moet voldoen. Indien die koper dit nie kan doen binne 72 uur nie, sal jy die reg hê om van die bestaande kontrak te ontsnap en die nuwe beter aanbod te aanvaar.

Die klousule sal veral ingevoeg word om die verkoper te beskerm en kopers sal die keuse hê om die klousule te aanvaar of nie.

Ten minste sal ‘n ondertekende ooreenkoms die koper ‘n vaste basis gee om ‘n verbandaansoek te doen, maar sal kopers bedag moet wees om so gou as moontlik hul finansiële reëlings vir die koop in orde te kry.

Die 72 uur klousule sal Saterdae ,Sondae en Openbare vakansiedae uitsluit. Dit kan egter verleng word by ooreenkoms.

“The grass is always greener on the other side” –Erma Bombeck

ONGEVRAAGDE BEMARKING

In gevalle waar jy ongevraagde sms’e, e-posse of gemorspos ontvang kan jy elke sender spesifiek versoek om jou van hul databasis te verwyder of jy kan jouself eenmalig registreer op die Direct Marketing Association of South Africa (DMA) se webwerf.

Gaan registreer op www.nationaloptout.co.za en verhoed dat jy verder lastig geval word met ongevraagde bemarking.

Related posts

BEST BIRDING SPOTS IN THE GARDEN ROUTE

Christaan Viljoen

’N TUIN VOL VOËLS!

Christaan Viljoen

Gardens are for living

Lydie Terblanche

BUY INTO BIODIVERSITY

Scott Thomson

DIE TUINROETE SE BLOMME VAN HOOP

Heleen Coertze

Dr Arnike Redelinghuys: 15 Jaar in Mosselbaai

Dr Arnike Redelinghuys

Leave a Comment