Niefiksie | Nonfiction
Skrywer: Madelein Rust
’n Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.
Die naam Madelein Rust is baie bekend onder lesers van misdaadfiksie. In hierdie boek pak sy ’n moordenaar van ’n ander aard: kanker.
Rust deel die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ’n brutaal eerlike vertelling oor haar lewe met die siekte; patos en humor loop saam-saam deur hierdie boek.
Kanker schmanker! is ’n boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil én lag. Dis ’n verhaal vir elkeen van ons wat ’n stryd van enige aard stry. Meer nog:Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help ook hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan.
Alle inkomste wat die skrywer uit hierdie boek verkry, word aan mense geskenk wat hulp tydens of ná hul stryd met kanker nodig het. LAPA werk in hierdie verband saam met People Living with Cancer om die proses te fasiliteer. Ten spyte van hulle naam, is die meeste van hulle kliënte Afrikaans, en hulle bedien ook heelwat mense in Afrikatale. Vir meer inligting:https://plwc.org.za/
Kanker schmanker! equips breast cancer warriors with information that is not always readily available. It also helps to give their loved ones a better comprehension of the journey with cancer. It is a book of hope and triumph that makes the reader cry and laugh out loud.