20 C
Mossel Bay
23rd Mar 2023
Community & Living

Boekresensie: Hekelwoorde van my Hart

Skrywer: Tania Smit

Uitgewers: Kwarts Publishers

ISBN 978-1-77605-552-4

Die skrywer, Tania Smit, woon in Oudtshoorn met haar twee tienerkinders. Sy skryf oor die voel van haar eie lewe as reënboogkind, single dating in haar veertigs, haar verse en oorwinnings, om gevat en gelos te wees, genoeg en te min te wees, en oor wyn en vure, en kos en reis en ma-wees en menswees. Sy is ‘n dromer, maar ook ‘n realis. Die woorde in hierdie bundel is haar storie, maar ook almal se storie.

Die langverwagte bundel met kort stories en gedigte van die steeds groeiende en gewilde Afrikaanse webblad “Hekelwoorde van my Hart” is gepubliseer op versoek van lesers, volgelinge, geraaktes en vervlegtes vir vashou en koester en liefhê.

Van die Lesers se kommentare soos vervat in die boek spreek vanself:

“Ek het nie woorde nie, nog nooit kon ek self my eie binneste so raakvat nie!”

“Jy hekel met jou woorde my eie skuldgevoelens toe, en my eie vrouwees-verstaan meer oop.”

“Jy laat my stom met jou woorde. Dit tref. Dit roer. Dit ontstel. Dit klou. Moet asb nooit ophou skryf nie.”

My raad aan The Post-lesers, kry die boek, dit is verslawend en goeie kos vir die siel aan die begin van 2019.

Related posts

MANY HANDS MAKE LIGHT WORK

Scott Thomson

Waarom probeer ons so hard?

Laurinda Smit

LIFE GUIDANCE AND DEATH SUPPORT

Elize Barnardt

SELFVERDEDIGING – HOE MEER JY WEET …

Patrick Vosloo

GROOT-BRAKRIVIER ROLBALKLUB BIED PRET VIR ALMAL

Eugenie Potgieter

De Vette Mossel is going green

Laurinda Smit