16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & Living

BOEKRESENSIE: ‘N HUIS VIR ESTER

‘Huis vir Ester is ‘n kaalkopverhaal oor gierigheid, mag en die stryd om geregtigheid wanneer sterk vroue besluit genoeg is genoeg .

Ester Gelderbloem en haar gesin woon in ‘n informele woonbuurt buite Oudtshoorn. Die Karoo is vrieskoud met vars sneeu op die Swartberge .
Die sinkplaatskuilings waarin hulle woon bied min skuiling teen die elemente.
In die hokke, soos Ester na hulle skuilings verwys, is geen water of elektrisiteit nie, tensy jy ‘n onwettige koppeling van jou “landlord” bekom.
Die besit van ‘n matras is ‘n luukse en vuurmaakhout ‘n skaarste.
Ester en haar vriendin Katjie se name is al vir meer as twintig jaar op die behuisingskema se waglys. Met elke navraag of hulle name al opgeskuif het, word hulle verwilder. Hulle besef dat ‘n aansoek vir ‘n behuisingskemahuis slegs kan slaag deur omkoopgeld of onwettige besit.
Die gierigheid van amptenare en die hunkering na eiendom voltooi die verhaal van die hartseer en blydskap van die behuisingskrisis in ons land en die plattelandse Karoo.

Carol Campbell se aangrypende roman plaas die leser vir ‘n wyle in ‘n ander se skoene. Dit skep deernis en begrip vir elkeen wat droom van ‘n mooier en beter toekoms.
Ester is ‘n vrou wat desondanks alles, in God en Sy genade en voorsiening bly glo.

Deur dieselfde skrywer ……. Karretjiemense
Die skilpad se laaste traan

Related posts

NUWE DAE BRING NUWE DINGE …

Eleanor Lombard

DIE FLUISTERBOOM VAN ALBERTINIA

Izak Van der Merwe

The Shweshwe Stop

Nelma Ruschioni

DIE MUSEFEES 2023 IS HIER!

Annlerie van Rooyen

PETROVNA METELERKAMP KOM GESELS MET GROOT BRAK LEESKRING

Laurinda Smit

Lexus UX

Johann van Tonder