21 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & LivingNature & Nurture

BOLLE VIR KLEUR EN GEUR!

Om ’n skouspelagtige vertoning in jou winter- of lentetuin te waarborg, plant van Suid-Afrika se inheemse bolle soos freesias, fluweeltjies (Sparaxis), kalossies (Ixias), bobbejaantjies (Babiana) en tjienkerientjees, sowel as uitheemse bolle soos irisse, tulpe, anemone en hiasinte in jou tuin. Die meeste winter- en lenteblommende bolle is aan die einde van Maart beskikbaar en kan van die begin van April af (wanneer dit koeler is) tot begin Junie geplant word. Volg die instruksies op die pakkies waarin die bolle kom wat betref die spasiëring, plantdiepte, en plasing in die son of skaduwee. Bolle vertoon die mooiste as dit in groepe geplant word, maar dit lyk net so pragtig in potte. Dit sal nie net jou tuin vrolik en kleurryk maak nie, maar van die bolle soos freesias en hiasinte het ook die heerlikste geure.

WENKE

  • As jy sukkel met molle in jou tuin, plant die bolle in draadmandjies. Bedek die hele mandjie met grond en haal dit aan die einde van die seisoen uit die grond. So verseker jy dat jou bolle nie as snoephappies vir molle dien nie!
  • Kies die pakke met die grootste moontlike bolle wanneer jy dit koop om seker te maak dit bevat baie energie vir groei.
  • Plant jou bolle so gou moontlik nadat jy dit aangekoop het en moet dit nie in die son laat rondlê terwyl jy die bolle plant nie omdat dit die blare en blomknoppe wat al in die bol ontwikkel het, kan beskadig.

Related posts

MOMENTUM …

Laurinda Smit

AMBASSADEUR VIR DIE MUSEFEES, GROOT-BRAKRIVIER

Laurinda Smit

HOMEMADE FOOT TREATMENTS

Robyn Smith

YOUR RESPONSIBILITIES AS A NEW HOME OWNER

Herman Swanepoel

WHAT’S ON THE MENU?

Sally Adam

Cape Fur Seal Pups

Janine Pereira