16 C
Mossel Bay
29th May 2023
Community & LivingNature & Nurture

CAWS 4 PAWS: GEMEENSKAP- EN DIEREWELSYNSORGANISASIE

CAWS 4 PAWS is ʼn gemeenskap- en dierewelsynsorganisasie wat ten doel het om die swaarkry van huisdiere van minderbevoorregtes in die gemeenskap in en om Grootbrakrivier te verlig.
Dienste sluit in:
• Uitreik- kliniekbesoeke in die gemeenskap (inenting / wurmbehandeling), insluitend die dip van diere
ʼn Groep van CAWS 4 PAWS vrywilligers dip maandeliks honde as voorkomende maatreël vir vlooie, bosluise asook brandsiek. Indien die weer dit nie toelaat nie, word vlooi- en brandsiekbehandeling gedoen met medikasie. Dipstasies word baie goed ondersteun. Dit is ʼn gratis diens wat op sekere plekke langs die pad gedoen word. Een van die areas wat gereeld besoek word, is Wolwedans. Hierdie is ʼn redelike armoedige gemeenskap en die diere is gewoonlik in ʼn swak toestand. Baie eienaars vra dat die DBV hul honde kom optel omdat hulle nie meer die diere wil hê nie. Meestal is dit as gevolg van siektes wat direk verband hou met wanvoeding en swak lewensomstandighede. Wurmbehandeling en inentings is natuurlik ʼn luuksheid vir hierdie diere.
• Jaarlikse en maandelikse sterilisasieprogramme
Hierdie is ʼn eindelose sirkel omdat die meeste mense nie kan bekostig om hulle diere te laat steriliseer nie. Die aanvraag vir gratis sterilisasie is dus te veel en dieDBV/CAWS 4 PAWS/PDSA (welsynsorganisasies), kan nie byhou nie. Gevolglik teel diere vreeslik aan, word ondervoed; kry siektes en word opgegee om uitgesit te word. Die meeste honde in soortgelyke omgewings is ingeteel en nie geskik vir aanneming deur die publiek nie (die gemiddelde lewensverwagting vir hierdie honde is vier maande).
Wat noodsaaklik is vir die toekoms is om geborgde omheinings vir diere te kry. Baie honde is aan kort kettings omdat hulle mense en ander honde in die straat kan byt (as honde nie gesteriliseer is nie, wil hulle uitkom). Hulle word ook verstrengel in die kettings en verkeer in pyn.
• Voorsiening van hondehokke, komberse en dierekos
Uiteraard word honde op straat deur CAWS 4 PAWS vrywilligers gevoer, omdat dit vir sommige diere die enigste ordentlike kos is wat hul sal kry totdat CAWS 4 PAWS vrywilligers weer opdaag. Hierdie diere word normaalweg pap en skille gegee en elkeen moet oorleef so lank as wat hy kan (oorlewing van die sterkstes). Komberse word uitgedeel omdat baie honde buite in die koue slaap of gate in die grond maak om in te kruip (ʼn versending hokke is pas ontvang en sal binnekort versprei word).
• Noodbehandeling van diere wat in ongelukke betrokke was is ook deel van die dienste

CAWS 4 PAWS wil graag almal bedank wat tyd, dienste, geld, asook kos en komberse skenk – sonder donasies kan behoeftige diere nie gehelp word nie.
http://www.facebook.com/Caws4Paws / 063 849 3448 / greyfield@mweb.co.za

Related posts

Fragrance Fest 2018 not to be missed on 3 March in and around Great Brak River and Friemersheim!

Nelma Ruschioni

HOW TO LIVE WITH A WOMAN – AND A MAN

Dr Andrè Botha

Pampasgras en Wolwedans

Willie Gericke

GET CREATIVE!

Cathy Fourie

The end of the tax year is upon us.

Francois Barnard

Join us at this year’s Fragrance Fest

Nelma Ruschioni