13.5 C
Mossel Bay
11th Aug 2022
Events & EntertainmentNature & Nurture

Caws 4 Paws

Caws4Paws se ontskatbare en eindelose bydrae in die gemeenskap…

  • Lydie Terblanche

 

caws 4 paws, dogs, animal, care,
Community work being done in the areas of Wolwedans and Greenhaven

Augustusmaand het Caws4Paws se groep vrywilligers (Stephani Sales, Paul Moller, Cecile Spangenberg, Riana Wernich, Melita vd Merwe), onder leiding van Laurett Blok weer, soos hulle gereeld doen, Wolwedans gaan besoek om diere by te staan.

Diere word gewoonlik maandeliks voorkomend gedip vir vlooie, bosluise asook brandsiek, maar omdat die temperature so laag is en die diere nog in die aand nat kon wees, is dit nie hierdie maand gedoen nie. Dipstasies word altyd baie goed ondersteun deur die mense en dis ʼn gratis diens wat op sekere plekke langs die pad gedoen word.

Hierdie maand is diere vir vlooi en brandsiek met medikasie behandeling. Die spesifieke area wat hulle besoek het, is uitermatig armoedig en die diere in ʼn swak toestand. Dit is so erg dat baie van die eienaars vra dat die DBV hulle honde kom optel, omdat hulle die diere nie meer wil hê nie. Ongelukkig is die swak toestand van die diere meestal die gevolg van siektes wat direk verband hou met wanvoeding en swak lewensomstandighede.

Hierdie is ʼn eindelose sirkel – mense laat nie hul diere betyds steriliseer en welsynsorganisasies kan dan nie byhou nie. Verder is die meeste van die honde so ingeteel dat hulle nie deur die publiek by die DBV aangeneem sal word nie. Dis is vir die DBV ʼn massiewe probleem. Die skrikwekkende feit is dat die lewensverwagting van die meeste honde in hierdie areas, slegs vier maande is.

Uiteraard voer Caws4Paws die honde wat hulle op straat kry, omdat dit vir sommiges die enigste ordentlike kos is totdat daar weer ʼn besoek gedoen word. Diere leef normaalweg op pap en skille en elkeen moet maar oorleef so lank as wat hy kan. Dit gaan hier oor “survival of the fittest”. Wurmbehandeling en inentings is ‘n totale luuksheid vir hierdie diere.

Daar is ook komberse uitgedeel vir honde wat buite in die koue slaap. Baie honde maak vir hulself gate om in te kruip as die enigste vorm van hitte. Caws4Paws verwag teen die einde van die maand ʼn volgende besending hokke wat dan weer versprei sal word.

Aan die publiek wat kos en komberse by De Dekke Spar skenk – baie dankie daarvoor. Vir ʼn welsynsorganisasie is daar nooit genoeg bydraes om voor te bly nie. Daar is baie maniere om hierdie absolute onskatbare diens te laat voortgaan: donasies, borgskap van ʼn dier, vrywilligerswerk op verskeie vlakke; hulp met dienste soos plakboeke, webwerf, foto’s neem en baie meer.

Kontak asb. vir Caws4Paws op 063 849 3448 en lewer ʼn bydrae vir ʼn werk waarvoor die meeste van ons nie krag of lus het nie.

Related posts

DIE KERSE WORD AANGESTEEK IN DIE ROOIBERG PAS

Heleen Coertze

5 Neurosculpting Practices for Lasting Brain Change

Annlerie van Rooyen

GARDEN BIRDING

Sally Adam

Pigeons

Sally Adam

Green Belt Fights Back

Matthew Thorpe

PUFFER FISH DIE OFF!

Wendy Wiles