12 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & LivingNews

Dagga: Vlieg jy hoog of laag?

Na onlangse hofbeslissings het die algemene persepsie ontstaan dat dagga nou uiteindelik gewettig is. Maar is dit?

Die Wes Kaapse Hoë Hof het in die saak van Prince vs Minister of Justice and Constitutional Development and Others in 2017 bepaal dat bestaande wetgewing wat die gebruik van dagga ‘n misdaad maak, onvanpas is om die persoonlike gebruik van dagga te verbied. Die Hof het ook beslis dat sekere gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel, Wet 140 van 1992 en die Wet op Medisyne en Verwante middels, Wet no 101 van 1965, indruis op die reg om privaat dagga te gebruik. Die Hof het die wetgewer 2 jaar gegun om wetgewing dienooreenkomstig aan te pas. Intussen is dit nie ‘n misdryf om dagga in ‘n privaatplek vir persoonlike gebruik te kweek, besit of gebruik nie. Die beslissing is deur die Konstitusionele Hof in September 2018 bekragtig.

Die klem lê dus op die begrippe “privaat” en “persoonlik”. Enige iets meer as dit is steeds onwettig.

Dit is duidelik dat in die huidige omstandighede daar uiters versigtig met dagga omgegaan moet word, aangesien daar nie duidelike riglyne bestaan oor die hoeveelheid dagga wat sal klassifiseer as voldoende vir privaat gebruik, of wat dit sal oorskry en kan aanleiding gee tot kriminele vervolging nie.

Die handel of koop en verkoop van dagga is steeds onwettig

Die hantering van dagga binne die werkplek skep ook onsekerheid. Menige werkgewers het ‘n vaste beleid van geen toleransie vir die gebruik van onwettige dwelmmiddels in die werkplek. Die toets van alkohol is redelik eenvoudig deur asem of bloedtoetse, en gee ‘n vaste uitslag van ‘n persentasie alkohol in die bloed. Daar is verskeie maniere om iemand vir die gebruik van dagga te toets deur uriene, haar of bloed analisering. Tekens van dagga gebruik kan vir 10 dae tot ses maande na gebruik nog opgespoor word in die gebruiker se sisteem. Werkgewers sal geregtig wees om op te tree teen werknemers wat dagga gebruik, maar sal dit in hul dissiplinêre kode en personeelbeleid moet probeer omskryf.  Die rede waarom daar teen die gebruik van dagga deur werkgewers opgetree sal word, is omdat dit werksprestasie kan beïnvloed. Dis egter problematies omdat bepaling van die vlak van dagga in ‘n persoon se sisteem, nie so ontwikkel is soos alkoholtoetsing wat met sekerheid die persentasie alkohol in bloed kan vasstel nie. So kan ‘n werknemer wat Vrydagaand ‘n dampie geslaan het, teen Maandag steeds positief by die werk toets sonder dat dit sy sintuie of werksprestasie aantas. Indien dit egter opsigtelik blyk dat ‘n persoon se sintuie tot so ‘n mate aangetas is, dat dit sy werksprestasie beïnvloed, sal die werkgewer geregtig wees om soos in die geval van alkohol, dissiplinêr op te tree.

By die opstel van ‘n werksbeleid oor die gebruik van dagga in die werkplek sal daar gekyk moet word na die manier van toetsing, toestemming deur die werknemer, die werknemer se pligte, die aard van die besigheid, sowel as tot watter mate die werknemer aangetas is.

Wat wel duidelik is, is dat daar met die nodige omsigtigheid opgetree moet word,  waar daar met dagga omgegaan word in beide die sosiale omgewing sowel as die werksplek.

“That’s not a drug! It’s a leaf! “ –Arnold Schwarzenegger”

Related posts

LOCAL IS LEKKER!

Joanne Carew

Gardens are for living

Lydie Terblanche

EK’S ’N DAPPER MUIS …

Laurinda Smit

GREAT BRAK RIVER ART ROUTE IS EXPANDING!

Annlerie van Rooyen

Hoe telemedisyne toegang tot gesondheidsorg transformeer.

See Website Reference

The Youth Café rocked in December!

Jenaide Chippe