14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & Living

DEEL VAN ’N GROTER GEHEEL

Die onlangse heerlike reën wat geval het oor die Tuinroete en Karoo het ’n bydrae gelewer tot die ontwaking, nie alleenlik in die natuur nie, maar ook in die gemoed van talle. Dit het ’n ontkieming van nuwe hoop teweeg gebring.

Hoewel die mensdom my altyd sal bly verstom, het die afgelope tyd my egter ook met hoop vervul. Elkeen van ons het waarskynlik tydens die Munisipale verkiesings beleef hoe groepe wel kan saamstaan vir die saak waarin hul glo, hoe daar eenheid kan wees ten spyte van ’n verdeeldheid in sienings.

Dit blyk egter duidelik dat die mens die sentrale tema is te midde van sienings, dade of die ontwaking van idees of gebeurlikhede. Ek en jy is deel van ’n groter geheel – die bydrae of geen bydrae wat gemaak word, het wel ’n impak, hoe groot of hoe klein ook al.

Om soms nie te hard te probeer nie, laat ruimte vir verrassende gebeure en resultate om te ontvou. Soms is dit goed om terug te staan en asem te skep – gebruik hierdie geleenthede van asemskep om inspirasie te vind, tot aksie oor te gaan, lig en laf te wees, af en toe hande te vat met iemand of iets. Groot hoogtes kan só bereik word.

Hope is the only bee that makes honey without flowers. Robert Green Ingersoll

Related posts

TELENOVELAS VS GESKIEDENIS

Lydie Terblanche

PUFFER FISH DIE OFF!

Wendy Wiles

OUTENIQUA CHAIR CHALLENGE (OCC)

Annlerie van Rooyen

PRECIOUS PENGUIN ENCOUNTERS AT SAPREC

Nadine Clarke

‘TIS THE SEASON FOR CYCLING

Mariëlle Renssen

PROPER SPECTACLE CARE

Martin Botha