Vir die someruitgawe van die tydskrif Platteland het die redakteurs, Johan van Zyl en Peter van Noord, heerlik gaan kuier op Groot-Brakrivier en Friemersheim.
Hulle het spesifiek die Geurroete gaan ry en kennis gemaak met onder andere die mense van Brothers Coffee, die Kobus Halliday-motormuseum en Santa Bonné-proteas. En dan het hulle ook gesels met ’n klompie kleurryke karakters op Friemersheim, mense soos Hester en Mitchell Uithaler, Petra Jordaan van die Friemersheim-kwekery, Cinty Joubert van die Shweswhe Stop en Bennet en Shahida Botha en hulle merkwaardige dogter Bernelee.
Kom lees die hele storie – oor 14 bladsye – in die Somer 2019-’20-uitgawe van Platteland, beskikbaar in Afrikaans én Engels.
Die verspreiding van die tydskrif het op 25 November begin en behoort nou al op die rakke te wees. Dit is beskikbaar by 38 winkels tussen George en Mosselbaai.
* Indien jy sukkel om die tydskrif in die hande te kry, stuur gerus vir Peter en Johan e-pos na helloplatteland@gmail.com. Óf teken in: tel. 087 353 1300 WhatsApp 087 353 1333 e-pos subs@media24.com