17.3 C
Mossel Bay
29th November 2023
Community & LivingUncategorised

Die Teisteraar

Jy het sy ego gekwets. Hom in die liefde verlaat. Iemand bo haar gekies. Die saketransaksie het ongelukkig skeefgeloop. Menige gekrenkte persone kan terleurstelling nie verwerk nie, en jy word die projeksie van opgekropte woede, jaloesie en frustrasie wat nie einde ken nie. Some is daar nie eens ‘n oorsaak of aanleiding nie.

Dan begin die boodskappe. Die e-posse, whatsapp’s, sms’e, ongevraagde geskenke, agtervolging en besoeke. Jou vreedsame lewe word in ‘n ewige hel omskep.

Die Wet op Beskerming teen Teistering van 2011 bied uitkoms.

Wat is teistering?

  • Ekstreme, beledigende of onbeskofte gedrag wat iemand skade aandoen, of laat glo dat hy/sy, of familie, leed aangedoen gaan word. Dit sluit psigologiese geestes, fisiese of finansiële skade in.
  • Die volgende is voorbeelde van teistering:

Agtervolging, aanhoudende ongevraagde kommunikasie, dophou, lastigvalling of die stuur van briewe, e-posse, boodskappe, geskenke en onwelkome plasings op sosiale media.

Wat kan die geteisterde doen?

  • Indien jy glo jy word geteister kan jy aansoek doen by jou plaaslike landdroshof vir ‘n beskermingsbevel.
  • Minderjariges moet deur hul ouer of voog bygestaan word. ‘n Aansoek kan ook gebring word ten behoewe van ‘n klaer waar die  aansoeker ‘n belang het in die welstand van die geteisterde persoon.
  • Die geteisterde hoef geen familie of gesinsverband met die aansoeker te hê nie.

Wat as die Teisteraar aan jou onbekend is?

  • Die Suid-Afrikaanse Polisie sal ‘n ondersoek loods om vas te stel wie die teisteraar is. Indien jy bv e-posse by die werk ontvang kan jou werkgewer verplig word om besonderhede wat nodig is bekend te maak.
  • ‘n Persoon wat weier om inligting aan die Polisie bekend te maak is, skuldig aan ‘n kriminele oortreding en kan tot 6 maande gevangenisstraf opgelê word.

Wat gebeur na jou aansoek by die hof gelewer is?

Indien daar voldoende getuienis is, sal die landdros ‘n tussentydse beskermingsbevel magtig tesame met ‘n opgeskorte lasbrief vir inhegtenisname.

  • Die tussentydse bevel word dan op die teisteraar gelewer met ‘n datum wanneer hy by die hof moet wees om homself te kom verdedig. Indien die teisteraar nie opdaag nie, kan die bevel finaal gemaak word.
  • As die hof tevrede is dat daar genoeg bewyse van teistering is, sal die hof ‘n beskermingsbevel toestaan met voorwaardes om die veiligheid van die klaer te verseker. Indien die teisteraar nie die voorwaardes nakom nie, is hy skuldig aan ‘n oortreding en kan gevangenisstraf tot 5 jaar opgelê word.

Werksplek

In die werksplek is teistering of enige vorm van seksuele teistering onaanvaarbaar. ‘n Werkgewer het ‘n plig om sy werknemers te beskerm teen teistering. Dissiplinêre stappe behoort geneem te word en moontlike ontslag mag volg.

Related posts

ALGVERWYDERINGSPROJEK IN GROOT-BRAKRIVIER

Marianne Alberts

Gardens are for living

Lydie Terblanche

YEAR OF THE RABBIT

Scott Thomson

ALKOHOLIESE EERSTES!

Ian Harrison and Peter Joyce

Employee benefits can benefit your bottom line

Des Sinclair

GOEDVOEL-OOMBLIKKE

Laurinda Smit