26 C
Mossel Bay
21st Jun 2021
Community & Living Nature & Nurture Uncategorised

DIE TUIN IN NOVEMBER

SAAILINGE: Afrikaners is plesierig … en veral tydens November wanneer hulle helder en vrolike kleurspatsels in die tuin skep. Hierdie maklike plantjies verkies vol son en verg nie baie water nie. Talle soorte Afrikaners is beskikbaar in helderoranje, -geel en -rooi. Plant die dwergsoorte as metgeselplante in kruie- en groentetuine om kleur te skep en plae af te weer. Ander saailingsoorte wat tans beskikbaar is, sluit in petunias, salvias, zinnias en gazanias, maar jy kan ook saad van immergewilde kosmos, zinnias en sonneblomme saai.

BOLLE: Jy kan steeds somerblommende bolle soos dahlias, gladiolus en Amaryllis plant.

MEERJARIGES: Plant roosmaryn, laventels en westringias (Australiese roosmaryn). Krismisrose sal nou begin blom en doen veral goed in kusstreke. Hulle moet in halfskadu groei soos aan die ooste- of suidekant van jou huis waar hulle oggendson en middagskadu sal kry, maar verg baie water.

BESPROEIING: Gaan jou besproeiingstelsel na om seker te maak dat al die plante goed natgemaak sal word. Kyk gereeld of daar enige verstopte koppe is, veral as daar plante is wat besig is om te verwelk of as jy sien dat sekere dele droog bly nadat jy besproei het.

GRASPERK: Voed jou grasperk met kunsmis en maak dit goed nat agterna. Sny die gras gereeld.

KOMPOS/DEKLAAG: Dien kompos toe en ’n goeie deklaag om seker te maak dat die grond langer vogtig bly.

POTTE: Mooi potte kikker nie net jou tuin op nie, maar gee diegene met min plantruimte plek om tuin te maak. Goeie potgrond, mooi deklae en wateroplosbare kunsmis is die sleutels tot sukses wat tuinmaak in potte betref. Onthou dat jy ook eetbare plante soos bloubessies, appelliefies, tamaties, spinasie, eiervrug en allerlei kruie soos basiliekruid, marjolein en origanum in potte kan plant.

GROENTETUIN: Alle pampoensoorte kan in November gesaai word, maar jy kan ook rankboontjies, mielies en komkommers saai. Plant saailinge van soetrissies, rissies en tamaties en onthou om dit op te volg met kruie soos basiliekruid, koljander en pietersielie. Maak blaarslaai en spinasie gereeld nat en voed dikwels.

In Afrikaans vertaal uit https://www.lifeisagarden.co.za/november-garden-3/

Related posts

S.M.A.R.T – Spesiale Besoekers aan ons Kus

Tersia Marais

HOMMELTUIG-HENGEL (DRONE FISHING) IN DIE TUINROETE

Wouter Van Zyl

Dronkbestuur: “Nog enetjie vir die pad?”

Wilhelm de Wet

ARE YOU THE PROBLEM ANIMAL?

Scott Thomson

The Great Brak Estuary and the Big Stink

Scott Thomson

‘n Wit Olifant

Laurinda Smit

Leave a Comment