22 C
Mossel Bay
31st Mar 2023
Community & LivingHealth & Beauty

Dink anders, doen anders, wees anders

Na die heerlike lente reën, word die sintuie begroet met ʼn palet van kleure, geure en ʼn geleentheid vir verandering. Hier volg ʼn paar wenke waar om te begin…

• Lê ’n groentetuin aan – gaan kyk by jou plaaslike kwekery watter saailinge of saad beskikbaar is en kweek jou eie
groente of plant jasmyn, frangipani’s, Yesterday-Today-Tomorrow’s of rose vir hul heerlike geure
• Leer iets nuuts – neem dans- of kunsklasse, of leer hoe om skaak te speel
• Raak meer aktief – begin fietsry, roei, joga doen of boogiebord ry
• Eet ’n draairoomys – jy kan die kilojoules afwerk deur die nuwe aktiwiteite waaraan jy gaan deelneem!
• Leer hoe om jou eie jenewer te maak
• Hou ’n sjampanje-piekniek langs die see of in die bos en eet ’n paar keer per week buite
• Vervul ’n droom – publiseer self jou digbundel of ’n versameling kort stories
• Stel nuwe resepte op die proef
• Beplan ’n vakansie – met jou motorfiets, tent of karavaan, gaan op ’n stapvakansie oorsee of vertrek spontaan op ’n
oornagekskursie in jou omgewing

Related posts

GARDEN ROUTE BOTANICAL GARDEN

Shaun Swanepoel

BETER AANBOD VIR JOU EIENDOM WAT NOU?

Wilhelm de Wet

December – a peaceful season

Dr Andrè Botha

Hoe het Steinhoff gebeur?

Izak de Vries

BETWEEN THE BRAKS

Wendy Wiles

Is jy seker jou besigheid is “GESOND”?

Rauch Gertenbach Attorneys