16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & LivingNature & Nurture

Dis Mariene Maand!

Dis die tyd van ‘n wonderwerk wanneer ons Southern Right walvisse na ‘n duisende km lange tog vanaf Antartika hier aankom om nuwe lewe te begin in ons warmer beskutte waters. Hierdie enorme diere wat ongeveer 50 ton weeg en 15 meter lank is, kom elke lente na presies dieselfde plek terug om te paar en geboorte te skenk. Die bulle is toegerus met die grootste testikels van enige lewende dier (500 kg elk) en die nuwe moeders wat kalf moet ongeveer 500 liter melk per dag produseer om die nuutgebore kalf van 5 meter lank te voed.

Na ‘n bykans totale uitwissing teen 1960-1980  in Suid Afrika en wêreldwyd is daar ingevolge wetgewing in 1986 ‘n wêreldwye verbod op die jag van walvisse geplaas deur die Internasionale Walviskommissie. Die Southern Rights het ‘n nuwe begin gekry en verblydend aangegroei van ongeveer 1 500 tot ongeveer 10 000 wêreldwyd.  Japan het jammerlik op 26 Desember 2018 van die Internasionale kommissie onttrek en het weer begin walvisjag gedurende Julie 2019 binne hulle eie territoriale waters.

In Suid Afrika het die walvisindustrie gelukkig omgekeer van industriële jag na toerisme. Walvisse se gehoor is uiters sensitief en kommunikeer oor baie lang afstande. Ten einde hulle te beskerm is daar wetgewing in plek dat geen boot sonder ‘n permit nader as 300 meter van ‘n walvis mag kom nie en permithouers nie nader as 50 meter en nie vir langer as 30 minute nie. Die bootspoed mag ook geen golwe veroorsaak nie.

Die globale krisis van besoedeling verdien ook ‘n skoon begin. Die gebruikstyd van ‘n plastieksak is ongeveer 20 minute, en die besoedelingstyd tot dit afgebreek is neem tot 1000 jaar. Plastieksakke word vervaardig deur ‘n proses waar toksiese middels soos polypropelien, petroleum en gas gebruik word. Tydens die afbrekingsproses word PAH (Polycyclic Aromatic Hydrocarbons) en PCB (Polychlorinated Biphenyls) afgeskei wat hormoonversteurings en kanker veroorsaak. Die energie wat vrygestel word vir die vervaardiging van 9 plastieksakke kan ‘n motorvoertuig vir 1 km aandryf. Die impak van die vervaardiging en afbreek prosesse lei direk tot aardverhitting en negatiewe ekologiese gevolge. Die ontsiering van dorpe en die natuur is oral om ons te sien.

Ongeveer vyfduisend tot ‘n miljoen fragmente plastiek is na berekening per vierkante kilometer in die oseane. Die seelewe raak nie net verstrengel in plastiek nie, maar neem ook plastiek op. Dit  veroorsaak verstopping,vergiftiging en uiteindelik die dood van visse en seediere. Die toksiteit van seevis word weer oorgedra op mense wat vis eet met gepaardgaande verhoging van kanker.

Verskeie lande waaronder Kenia, Nigerië en Somalië het reeds die voortou geneem met wetgewing om plastieksakke totaal verban. Sjiena se verbod het binne 4 jaar tot ‘n afname van 40 biljoen sakke gelei. In die VSA het verskeie areas soos Hawai , Maine en nou ook New York begin met ‘n totale verbod. Suid Afrika moet volg.  Maar ons as inwoners van die mooiste deel van die wêreld kan nie wag vir wetgewing nie.

Dis tyd dat ons skoon begin. Kom ons bewonder die natuur en hou ons dorpe plastieksak vry!

Related posts

KOM DOEN IETS MERKWAARDIG – SKENK BLOED!

Annlerie van Rooyen

DEEL VAN ’N GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

Going local: Botlierskop

Wendy Wiles

READY, STEADY, GO FOR NEXT MONTH’S GEORGE OLD CAR SHOW

Mimi Finestone

HOMELESS DURING LOCKDOWN

Annemarie le Roux

BIRDING BIG DAY 2022

Christaan Viljoen