14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & LivingHealth & Beauty

Dr Arnike Redelinghuys: 15 Jaar in Mosselbaai

Dit is met groot dankbaarheid dat ek in Julie 2019 my Homeopatiepraktyk se vyftiende bestaansjaar kan vier. Dit voel soos gister dat ek, met aalwyn-blomtyd (Mei 2004), vir die eerste keer in Mosselbaai kom soek het na ‘n geskikte perseel om my praktyk te begin. Ek was bevoorreg om in Da Nova die ideale kantoor te vind, reg langs ‘n fisioterapeut, naby die hospitaal en naby ‘n winkelsentrum. Die bonus was die mooiste uitsig oor die see en die Outeniquaberge.
In Julie 2004 het ek van Kempton Park af verhuis en my praktyk begin. Met genade en krag van God het my praktyk gegroei, en soos besighede in Mosselbaai uitgebrei het, het ek in Augustus 2015 my praktyk na Voorbaai verskuif, nader aan die nuwe besigheidsentrum van Mosselbaai. Na vele versoeke van my pasiënte in Riversdal se omgewing het ek in Februarie 2019 ‘n satellietpraktyk in Stilbaai oopgemaak.
Ek geniet dit om deur middel van ekstra studies op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge in die gesondheidswêreld. Ek het oor die afgelope vyftien jaar ‘n VEGATEST masjien aangeskaf en kursusse in “Nutritional live blood analysis” en Irisdiagnose voltooi. Met hierdie ekstra diagnostiese hulpmiddels kan ek makliker vasstel wat die oorsaak van my pasiënte se simptome is en sodoende ‘n holistiese behandeling bied. Ek het veral ‘n groot belangstelling in die behandeling van allergieë en spysrverteringsprobleme.
Mosselbaai is voorwaar ‘n wonderlike dorp om in te woon en te werk. My pasiënte is vir my kosbaar en dis altyd lekker om een op die strand of in ‘n winkel raak te loop. Baie dankie aan al my vriende en familie vir julle liefde en ondersteuning.

Related posts

GEÏMPLISEERDE WAARBORG IN TERME VAN DIE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET

Ruben Maritz

HOMEMADE FOOT TREATMENTS

Robyn Smith

VAKANSIES DEUR DIE EEUE!

Annlerie van Rooyen

Amazing Crochet Articles

Nelma Ruschioni

Jou Tuin is jou Toevlug

Lydie Terblanche

JOU PLAN VIR 2023?

Laurinda Smit