12 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & Living

Dronkbestuur: “Nog enetjie vir die pad?”

Die Statistiek

ʼn Internasionale studie gehou in 2015 het bevind dat Suid-Afrika die hoogste aantal dronkbestuursgevalle ter wêreld het met 58 % en Kanada wat volg met 34% en Sjiena die laagste met 4%.(News24) Die statistiek spreek vanself dat Suid-Afrikaners dalk te veel male “een vir die pad” vat.

Die Wet

In terme van Art 65 van die Nasionale Verkeerswet 93 van 1996 word bepaal dat niemand mag bestuur of in ʼn bestuursitplek van ʼn motorvoertuig mag wees, (terwyl die enjin loop), op ʼn openbare pad indien die vlak alkohol in sy/haar bloed die wettige perk oorskry nie.

Die Perke

Wat bloedtoetse betref moet die konsentrasie alkohol in ʼn normale drywer se bloed minder wees as 0.05 gram per 100 milliliter en vir ʼn professionele drywer minder as 0.02 gram per 100 milliliter.

Wat asemtoetse betref moet die konsentrasie alkohol in uitgeblaasde asem minder as 0.24 milligram per 1000 milliliter vir normale drywers wees, en vir professionele bestuurders minder as 0.10 milligram per 1000 milliliter.

Die Maatstaf

Indien mens ʼn growwe berekening maak sou dit beteken dat ʼn normale persoon wat 68 kg weeg, een eenheid alkohol (of 10 ml skoon alkohol) per uur kan drink, wat deur sy/haar liggaam afgebreek en verwerk kan word. Indien jy minder as 68kg weeg sal dit jou liggaam dus langer as ʼn uur neem om die alkohol te verwerk. ʼn Eenheid alkohol is gelykstaande aan 75 ml wyn of 25 milliliter whiskey, en ʼn gewone blikkie bier bevat 1.5 eenhede alkohol. Indien jy by die reël hou om slegs een eenheid alkohol per uur te neem behoort dit jou liggaam genoegsaam herstelkans te gee om binne die perke van die wet te bly.

Die Kanse

Volgens die Automobiel Assosiasie “AA” is jou kanse om ʼn ongeluk te maak vier maal meer as normaalweg, indien jou bloed gelykstaande is aan die voorgeskrewe perk.

Die Straf

Indien jy in Suid-Afrika skuldig bevind word aan bestuur onder die invloed van sterk drank kan jy tot 6 jaar gevangenisstraf, of ‘n boete van R 120 000.00 opgelê word en jou bestuurslisensie kan opgeskort word. Jy sal ook ʼn kriminele rekord hê wat jy sal moet saamdra met moontlike negatiewe gevolge. Die ergste is dat jy ʼn ongeluk kan maak en iemand se dood kan veroorsaak.

Die Prosedure

  1. Indien daar vermoed word dat jy onder die invloed bestuur het, kan ʼn asemtoets geneem word en indien jy oor die wettige perk is, kan jy in terme van Art 40(1) van die Strafproseswet gearresteer word. Jy moet ingelig word van jou regte (ook jou reg om te swyg) en toegelaat word om een telefoonoproep te maak.
  • Na jy gearresteer is sal jy in terme van Art 50 van die Strafproseswet so gou moontlik na die naaste polisiestasie geneem word vir aanhouding.  Bloed kan van jou getrek word en jy mag nie weier nie. Jy mag versoek dat jou eie geneesheer teenwoordig moet wees.  Jy kan daarop aandring dat die geseëlde spuit en naald aan jou getoon moet word voor bloed getrek word. Die bloed moet getrek word binne 2 ure vanaf die tyd wat jy na bewering onder die invloed bestuur het. Die bloedmonster sal dan na ‘n staatslaboratorium gestuur word vir analise.
  • ʼn Saakdossier sal dan deur die SAPD geopen word en kan jy aangehou word tot jy op borg vrygelaat word, of verskyn in die hof. Jy mag tot 48 uur aangehou word, maar die tyd kan verleng word oor ʼn langnaweek. Jy kan dus op ʼn Vrydag gearresteer word en aangehou word oor ʼn naweek tot by verskyning in die hof op ʼn Maandag. Definitief nie ʼn vooruitsig om na uit te sien nie.

Die Waarheid

Drinking and Driving-There are more stupid things you can do, but that list is short.

Related posts

DIE KRUGER NASIONALE PARK HET VELE GESIGTE

Heleen Coertze

It’s Cabaret Time !

Nelma Ruschioni

Great Brak’s Lost Garden

Scott Thomson

Traumadekking

Des Sinclair

Dink anders, doen anders, wees anders

Annlerie van Rooyen

VOËLS VAN EENDERSE NAME, MAAR NIE VERE NIE!

Christaan Viljoen