Die eerste GB Walk wat op 5 April 2021 in eendeweer plaasgevind het, is wonderlik ondersteun deur entoesiastiese stappers in en uit die omgewing (kyk bl. 2). Daar kon beslis nie ’n demper op sommige van die deelnemers geplaas word nie – gepantser met pantoffels, Onesies-pakkies en sambrele is die 5 km om Groot-Brakrivier aangepak. ’n Welverdiende sertifikaat is uitgedeel aan deelnemers wat klaargemaak het. Alhoewel nie al 144 deelnemers aangetree het in die gietende reën wat net voor vyf uitgesak het nie, is dit vir die organiseerders baie duidelik dat die GB Walk beslis hier is om te bly. Dit sou nie moontlik gewees het om die geleentheid aan te bied sonder die ondersteuning van mense wat ingeskryf het en die ondersteuning van plaaslike besighede Aida (Hannes Pienaar), Home & Décor (Theo & Colette van Rensburg), De Dekke Spar, Digifusion (Eric Philpott) en The Post, sowel as Groot-Brakrivier Besigheidsforum en Barend van der Merwe met sy span beamptes nie.

previous post
next post