14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & Living

EK’S ’N DAPPER MUIS …

Ek is seker die meeste van ons kan dié kinderliedjie onthou: “Ek’s ʼn dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis …”. Dikwels wonder ek wat van hierdie tipe waagmoed geword het wat so natuurlik en spontaan in elkeen van ons was? Wanneer ek kyk na die definisie van waagmoed lees dit ondernemingsgees, dapperheid, onbevreesdheid. In teenstelling daarmee waaghalserig, vermetel, roekeloos, onverskillig.

Onlangs is hierdie inlasfoto met my gedeel, en die eerste gedagte wat by my opgekom het, was: “WOW, dit vat moed om so ver te gaan.” Hoe ver sal jy gaan om iets terug te kry van die manhaftigheid wat mettertyd verlore gegaan het? Natuurlik verwag niemand van jou om alles te verkoop en op ’n lang bootreis te gaan of jou kinders se erfporsie uit te dobbel nie, nog minder om vir jou die sportmotor van jou drome te koop op 80 plus nie.

Nee kyk, ek praat hier van om jou stem nog te laat geld soos en wanneer dit saak maak  om soms alleen te staan of uit te staan vir dit waarin jy glo. Om bemoeienis te maak met iets wat jou na aan die hart lê, om jou tyd en energie te bestee op dinge wat vir jou vreugde bring en saam met die kosbare mense in jou lewe heuglike gebeurtenisse te beleef.

Herontdek die dapper muis in jouself, deel dit met jou kleinkinders en geliefdes, moedig hulle aan om nie hul ondernemingsgees prys te gee nie, om dapper voort te beur te midde van die muisvalletjies in die lewe.

Related posts

Hoe het Steinhoff gebeur?

Izak de Vries

December – a peaceful season

Dr Andrè Botha

HOW CAN WE ALL DEFY EFFECTIVELY?

The Growing Bolder Digital Digest

Waarom probeer ons so hard?

Laurinda Smit

A CONUNDRUM IN CONSERVATION

Scott Thomson

CAN I RUN A BUSINESS FROM A RESIDENTIAL PROPERTY?

Herman Swanepoel