19 C
Mossel Bay
17th Nov 2019
Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

GROOT BRAKRIVIER SE “BRAKRUN” IS HIER !!

Nov 2 @ 8:00 am - 10:30 am

GROOT BRAKRIVIER SE “BRAKRUN” IS HIER !!

Ons “BRAKRUN” die voorloper tot ons eie PARKRUN, skop op SATERDAG 2 NOVEMBER 2019 om 08:00 op Groot Brakrivier af!
Deelname is gratis en almal is welkom om aan die BRAKRUN 5 km roete te kom deelneem. Stappers, drawwers, jonk en oud is almal welkom!
Die roete begin en eindig by Laerskool Vorentoe se sportgronde. Voldoende parkering en ablusie geriewe is beskikbaar.
Ons is baie opgewonde en sien met groot verwagting uit na die rol wat die BRAKRUN sal hê op die bevordering van n meer fikse, gesonde en positief ingestelde gemeenskap.
Deelnemers se tye sal weekliks geneem word en word elke deelnemer gemotiveer deur sy eie vordering.
Kom bring julle gesinne, oupas en oumas en word deel van hierdie positiewe kultuur.
Ons benodig vrywilligers wat elke Saterdag sal diens doen as “ Marshalls” en tydhouers, en word almal aangemoedig om ook as vrywilligers hiermee te kom help.

Navrae kan gerig word aan:
1. Herman Swanepoel 082 3384722
2. Barend Van Der Merwe 082 9011290
3. Rika Spang 082 3364953

(Hierdie is n inisiatief van die Groot Brakrivier Besigheidsforum)

Elke week elke Saterdag selfde tyd 08h00

Details

Date:
Nov 2
Time:
8:00 am - 10:30 am