16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Arts & Culture

Focus on Artist Ina Meyer

Gebore en getoë in die Oos-Kaap, feitlik met ‘n naald in die hand. My oumas en tantes het pragtige handwerk en borduurwerk gedoen en ek glo dis in my gene ingeborduur. Ek was skaars 10 jaar oud, my bene kon nie eens by die voetpedaal van die masjien bykom nie, toe ek my eerste rok gemaak het.
Ek het my eerste kwilt gemaak in 1977 met materiaal wat ek by markstalletjies in Empangeni gekoop het. Gedurende 1978 het ek my eerste laslapkursus bygewoon. Hierna was ek verslaaf. My eerste werk was baie tradisioneel. Ek het baie opgelees oor die geskiedenis van laslap en kwiltwerk en gee al vanaf 1987 klas. Ek geniet dit baie om ander te inspireer.
Gedurende 1996 het ek kwalifiseer as beoordelaar. Wie sou ooit kon dink my stokperdjie sou my toelaat om internasionaal te reis om kwiltwerk te beoordeel en my passie te deel deur klasgee?
Mettertyd het ek al meer begin belangstel in kunskwilts. Ek eksperimenteer graag met nuwe tegniekeen gebruik verskillende soorte tekstiel.
Die natuur inspireer my en as ek nie ‘n stuk lap in my hande het nie sal jy my agter ‘n kameralens of verkyker vind. Tekstuur fasineer my en ek is gedurig besig om foto’s te neem van bome, boombas, plante en voëls.

Ina se werk is al nasionaal en internasionaal uitgestal.

Related posts

DIE KREATIEWE PROSES

Annlerie van Rooyen

“Fyn art Hermanus” lok plaaslike kunstenaars.

Laurinda Smit

Foto Focus – Creating Motion

Laurinda Smit

Boek Resensie – RETOER

Annlerie van Rooyen

FOTO FOCUS

Laurinda Smit

ANNA DAVEL IN GROOT-BRAK TYDENS DIE MUSEFEES!

Anna Davel