Te veel mense aanvaar versekering as vanselfsprekend. Dis eers wanneer ‘n ramp soos ‘n brand of diefstal hulle tref dat mense besef presies hoeveel dit gaan kos om alles te kan vervang. Iemand wat ten volle gedek is, het gemoedsrus en kan vinniger van onverwagte voorvalle herstel. Geboueversekering is van kardinale belang, want jou gebou is een van jou grootste bates en Versekeraars bied gewoonlik beskerming vir die volgende:
• Private residensiële huisstruktuur
• Heinings
• Buitegeboue
• Swembaddens (maar nie boorgate en swembadtoerusting nie)
• Tennisbane
Waarvoor dek Gebouversekering jou?
• Brand, weerlig, ontploffing en aardbewing
• Waterpype wat bars
• Storm of vloed, maar nie wanneer die skade aan jou steunmure is nie
• Diere, karre wat met jou huis of buitegeboue bots
• Vallende bome, maar nie bome wat afgekap word nie
• Vliegtuie of dit wat hulle uitgooi
• Kwaadwillige of opsetlike skade, maar nie as jou huis vir meer as 60 opeenvolgende dae ‘n jaar leeg staan nie
• Die skade wat diewe en inbrekers aanrig
• Insinking van grond
Dit is ‘n deurgetrapte rympie, maar lees jou polis aandagtig deur en maak seker wat is ingesluit en wat is uitgesluit by jou polis. Gaan ook gereeld jou gebou se waarde na om die korrekte bedrag te verseker. Jou gebou se waarde is gewoonlik hoër as die huidige markwaarde, aangesien jy ook moet voorsiening maak vir slopingskostes en die herstel en wegry van die afval. Die huis word ook met nuwe material vervang en moet dus teen ‘n hoër boukoste bereken word as waarteen die bouers tans bou.
Nie alle makelaars doen gereeld hul polisse se opdatering nie, dus moet jy as eienaar bedag wees om die waarde gereeld te laat nagaan. De Kaap Eiendomme doen gratis waardasies vir verkope maar kan ook help indien jy ‘n waarde wil bepaal vir die versekering. Kontak ons gerus op ons 24 uur nommer: 044 620 2594 om ‘n afspraak te reël.
Image Caption: “Chino Valley firefighters watch the oncoming flames of the Thomas Fire from the yard of a home in Montecito, California, Dec. 12, 2017”.