16 C
Mossel Bay
26th Sep 2023
Community & LivingNews

GESKILLE EN PROSEDURES IN DIE WERKSPLEK

Te midde van ’n pandemie en dreigende resessie het Suid-Afrika die afgelope tyd ’n toename beleef in afleggings, werkloosheid en onvermydelik ook dispute in die werksplek.

Die maklikste en mees effektiewe manier om ’n saak te hanteer nadat alle interne prosedures uitgeput is, is om die saak na die CCMA of relevante bedingingsraad te verwys.

Dit is die partye tot die geskil se verantwoordelikheid om die Kommissaris van die nodige inligting te voorsien, aangesien hy/sy slegs ’n beslissing kan maak gebaseer op die feite. Nalatigheid hierin kan potensieël ’n negatiewe uitkoms vir een van die partye hê. Indien partye weier om saam te werk, mag die kommissaris ’n verstekvonnis gee wat afdwingbaar is in die arbeidshof.

Beide werkgewers en werknemers kan ’n aangeleentheid na ’n bedingingsraad verwys. Die verwysende party mag bygestaan word deur ’n regsverteenwoordiger, enige ander verteenwoordiger, sy vakbond of ’n kollega. ’n Regsverteenwoordiger kwalifiseer in die meeste gevalle nie outomaties om ’n party in sulke aangeleenthede te verteenwoordig nie, maar is onderworpe aan ’n aansoekproses.  

Die Wet maak slegs voorsiening vir ’n periode van 30 dae na die ontstaan van ’n geskil om ’n saak aanhangig te maak. In die geval van onbillike arbeidspraktyke word daar 90 dae voorsiening gemaak en in die geval van diskriminasie ses maande.

Indien daar van die CCMA gebruik gemaak word, moet ’n “LRA-vorm 7.11” voltooi word. ’n Kopié moet aan die teenparty in die dispuut gelewer word om aan hul die geleentheid te gee om die bewerings te betwis.

Dit is baie belangrik om die verwysingsdokumente behoorlik en akkuraat te voltooi en die hulp van ’n arbeidskenner of ervare persoon is altyd aan te beveel.

Die CCMA sal al die betrokke partye kontak met ’n verhoordatum indien hulle van mening is dat die Versoening/Arbitrasieproses gepas is vir die geskil. Versoening is daarop gemik om die geskil informeel te skik sonder om die meer rigiede proses van arbitrasie te volg. Indien versoening nie slaag nie, moet die saak verwys word vir arbitrasie.

Arbitrasie is kortliks ’n vorm van alternatiewe geskilbeslegting waar partye en getuies onderhewig is aan kruisondervraging en ’n bindende beslissing en/of gepaste toekenning gemaak word deur die voorsittende beampte (die arbiter genoem).

Hierdie prosesse kan tydrowend, emosioneel dreinerend en stresvol wees en enige voornemende verwysende party word aangeraai om ’n professionele persoon, geskool in die arbeidsreg, aan te stel om hul in die proses by te staan.

Related posts

COMMENTS FROM BEHIND MY MASK

Michaela James

GROW SPIRITUALLY … WITH INSPIRATION FROM A THIEF?

Victor M Parachin

“SWEET” 16?

Stefanie Minnaar

LIGHTS & LANTERNS 2019

Annlerie van Rooyen

TOKENS VIR ’N TOEKOMS

Jannes Buys

RUSTIG …

Laurinda Smit