36 C
Mossel Bay
18th Apr 2021
Community & Living Nature & Nurture Tourism & Travel

GROOT-BRAK BEWAREA MAAK DORP SKOON

Armoede, veroorsaak deur werkloosheid, is ’n groot probleem landswyd en ook in Groot-Brakrivier. Indringerplante is net so ’n groot probleem.Toe ons dus einde 2019 hoor dat die Casino Trust geld beskikbaar het vir sosiale opheffing, het ons van die Groot-Brak Bewarea aansoek gedoen vir fondse. Dele van Groot-Brak was vervuil van indringerplante, dus wou ons werk skep terwyl ons die dorp van indringers skoonmaak.

Ek is aangesê om die poging te lei, aangesien ek al jare ondervinding van die aktiwiteit in Kaapstad, in die Weskus-distrik en in Glentana gehad het.

’n Span van vier onder leiding van Daniel Michaels het op 25 Januarie 2020 begin om Amy Searleweg skoon te maak. Dis die straat wat naby die brug begin en teen die bult uitloop, rigting stortingsterrein. Kasterolie is uitgeroei by die sportgronde; verder op was dit hoofsaaklik swartwattel. Die meeste wattels was onder 2 m hoog en kon maklik met Tree Poppers uitgetrek word. Elke werksdag het ons gemaklik vier of vyf groot treilervragte uitgetrek. Teen een dag per week was Amy Searle na ses weke skoon.

’n Dubbele terugslag het ons span getref toe COVID-19-regulasies ons werk gestop en ons spanleier Daniel Michaels skielik tragies gesterf het.

Op 15 Oktober begin ons weer en skuif oor na die Wolwedans-area. Hier was ’n ou 2,2 km-leivoor wat toegespoel en toegegroei was, plus groot swartwattelbome, te groot om uit te trek. Hiervoor het ons die ringbastegniek gebruik. Honderde bome se bas is naby die grond gestroop. Sulke bome vrek na ’n paar maande omdat hulle wortels nie voedingstowwe van hulle blare kry nie.

Onder leiding van Petrus Treurnicht, ons nuwe spanleier, het die span twee dae per week vir sewe weke gewerk om die wandelpad na die Wolwedansdam oop te maak. Die ou leivoor wat skoongemaak is, is deel van die baie populêre wandelpad en is in 1874 gebou.

Werkloosheid en indringerplante sal nie oornag verdwyn nie, maar as ons albei doelgerig aanpak,  kan ons dalk die proses bespoedig.

Related posts

Pinky the Flamingo

Scott Thomson

Beehives and Buffalo at Addo’s Newest Camp

Mariëlle Renssen

SELFVERDEDIGING – HOE MEER JY WEET …

Patrick Vosloo

The Polyphagous Shot Hole Borer Infestation

Wendy Wiles

Pragtige vars gesnyde blomme

Nico Venter

De Vette Mossel is going green

Laurinda Smit

Leave a Comment