23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & Living

Groot Brak Leeskring betrokke by “Borg ‘n Woord”

Die Leeskring het twee jaar gelede besluit om betrokke te raak by die WAT se “Borg ‘n Woord”-veldtog. Dis ‘n slim manier vir fondsinsameling vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

  • Vir R100 kan enige persoon of instansie ‘n woord van hul keuse borg. Ons Leeskring lede verskaf woorde wat vir hul oulik of van belang is en dan word gestem om die gewildste te kies. Met ons eerste probeerslag het ons R100 ingesamel (wat vrywilliglik geskenk is), en ‘lanterfanter’ (om te dwaal: die vakansiegangers lanterfanter in ons dorp) gekies om te borg.
  • Die volgende jaar het ons lede R200 gegee en het ons die woorde ‘nurk’ (jy kan ‘n nurk wees (onaangename persoon), of die geluid wat ‘n seekoei maak; en ‘parvenu’ (iemand wat geld het sonder die ordentlike maniere wat daarmee saamgaan (“vulgar upstart” in Engels)
  • Vir R5000 kan iemand ‘n woord koop; daardie woord kan dan nooit deur iemand anders geborg of gekoop word nie. Op die WAT webblad verskyn al die gekoopte woorde, en deur wie hul gekoop is. So bv. het Steve Hofmeyer die woord ‘pampoen’ gekoop. Dit is regtig interessant om die lys te bestudeer om te sien wie en wat het woorde geborg! Dalk samel ons eendag genoeg in om ‘n woord te koop…in my drome!
  • Voorheen geborgde woorde kan natuurlik in die toekoms weer verskyn en geborg word.
  • In Maart elke jaar word ‘n trekking gehou en wen een gelukkige persoon R25 000,  wat deur Sanlam geborg is.

Ons Leeskring het tot dusver genoeg ingesamel om weer twee woorde te borg; die lede moet nog stem vir hul keuses. Meer inligting kan op die WAT webblad bekom word (www.wat.co.za).                               

Related posts

UNDERSTANDING AND PREVENTING HOUSE ROBBERIES

Leane Du Plessis

YOUTH MONTH

Jannes Buys

DIE GEHEIMENIS VAN TSITSIKAMMA-BOME

Annlerie van Rooyen

SANDSIRKELS EN KLIPKRINGE

Janet Botes

Ontdekkingsreise

Lydie Terblanche

2018/19 Blue Flag status awarded to SA’s top beaches, sustainable tourism boats and marinas

Laurinda Smit