16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Nature & Nurture

Groot Brakrivier Bewarea en Gevleuelde Muise

Daar is min – mag ek sê bykans geen – persoon wat nie grillerig (so ‘n lekker word om jou tong om te kry) is vir ‘n vlermuis nie. Miskien vanweë die wanopvatting dat vlermuise nes maak in jou hare of, nog erger, jou bloed uitsuig. Gelukkig is vampiere slegs verbeeldingsvlugte, desnieteenstaande Bram Stoker se Dracula wat in 1897 die lig gesien het.
Vlermuise behoort tot die orde Chiroptera wat verdeel is in twee sub-ordes: Megachiroptera (groter, vrugte-vretende vlermuise) en Microchiroptera (kleiner, insek-vretende vlermuise). Van die meer as 1 100 soorte vlermuise wat wêreldwyd voorkom, is daar slegs 56 spesies wat in Suid Afrika voorkom, meestal in die noordelike provinsies. In die Wes Kaap is daar 7 verskillende spesies waarvan die Geoffroy’s horseshoe bat (Rhinolophus clivosus) die algemeenste is.
Wat is die Bewarea se bemoeienis met vlermuise kan jy met reg vra. Die kleiner insekvreters dra by om skadelike insekte soos muskiete se getalle in toom te hou. Dit word beweer dat ‘n kolonie van 100 vlermuise (die bevolking van ‘n vlermuiskas soos by Berg en Dal in die Kruger Wildtuin te sien is), soveel as 60 000 insekte, meestal muskiete, per nag kan verorber.
Groot Brakrivier Bewarea het gevolglik, met die toestemming van die plaaslike owerhede, tien vlermuiskaste laat maak en op strategiese plekke laat oprig. Lees gerus die kennisgewing op die vlermuiskaste vir meer inligting oor die voordele van vlermuise in ons omgewing.
‘n Baie suksesvolle skoonmaakaksie van ons strande is op Saterdag 10 Februarie deur Scott Thomson van stapel gestuur. Bykans 30 vrywilligers, waaronder die Ops Groep van die Hersham Buurtwag en bestuurslede van die Bewarea het die amper-gure weer trotseer om die strande weerskante van die riviermonding en omliggende omgewing skoon te maak. Die vonds vir die oggend is ongelooflik!
Die Algemene Jaarvergadering is geskeduleer vir 21 Mei 2018 om 18:00 by De Dekke. ‘n Interessante program met ‘n gasspreker wat alom bekend en bemind is, vorm deel van die aand se verrigtinge. Almal word hartlik uitgenooi en toegang is gratis.
Word deel van die Bewarea en dra by om die omgewing te bewaar vir ons en ons nageslag.

Related posts

WILDE VITAMIENE!

Rene Bohnen

MUSE SE TEMA NURTURE NATURE

Annlerie van Rooyen

THE BUTCHERBIRD LARDER

Sally Adam

A PATH WORTH FOLLOWING

Vivienne Fry

Rock a bye babies…

Wendy Wiles

FINLAND, THE HAPPIEST COUNTRY IN THE WORLD

Frank Martela