23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & LivingEvents & Entertainment

GROOT-BRAKRIVIER ROLBALKLUB BIED PRET VIR ALMAL

Die Groot-Brak Rolbalklub, wat tans ‘n ledetal van 74 het, bied verskeie toernooie deur die jaar aan wat goed deur die Eden streek se rolbalklubs ondersteun word. Buiten die groot toernooie word die plaaslike gemeenskap op verskeie wyses betrek. Die besigheidsliga wat plaaslike besighede insluit, speel een maal per maand en word daar ook soms spesiale toernooie gereël wat oop is vir almal. Op 28 Maart is ‘n fondsinsamelingsdag vir KANSA aangebied wat vir heelwat vermaak en pret gesorg het. Lede van die plaaslike tennis- en jukskei klubs asook familie en vriende van rolbalspelers wie nog nooit ‘n rolbal vasgehou het nie, het deelgeneem en party spelers het hulself uitgedos in pienk vir die okasie! Die klub kon aan die einde van die dag ‘n aansienlike bedrag aan KANSA se verteenwoordigers oorhandig.
Op Werkersdag die eerste Mei, het Klub 50 van die Groot-Brakrivier NG Kerk (lede bestaan uit 50 jariges en ouer), op uitnodiging van Shirley van Straaten ’n lid van Groot Brak Rolbalklub, besluit om hul vernuf op die rolbalbaan te toets. Die oggend het gesorg vir baie pret op die baan en is afgesluit met eetgoed wat deur die deelnemers verskaf is.
Die Colts en Fillies Toernooi wat in Maart plaasgevind het word al die afgelope agt jaar deur Total Garage Groot-Brakrivier geborg. Tydens hierdie toernooi word slegs junior rolbalspelers toegelaat (hoewel dit nie noodwendig junior in ouderdom beteken nie) wat spelers die kans bied om elke posisie in’n span te speel en dus sorg vir uitdagings en goeie oefening! Bolton Footwear het weer ons Grass Hopperdag wat op 11 Mei aangebied is, geborg. ‘n Groot aantal van die ander plaaslike besighede borg ons jaarlikse Classic Toernooi wat oor twee dae strek en in Augustus plaasvind.
Sonder borge kan toernooie nie aangebied word nie. Baie dankie aan De Dekke Spar , Total Garage in Groot-Brakrivier en Bolton Footwear (Watsons skoene) en kleiner plaaslike besighede vir hulle getroue ondersteuning.

Foto: Wenspan van Colts en Fillies Toernooi: vlnr: Nico Dippenaar (borg -Total Garage), Pam Millard, Ian Smith, Ronel Eloff, Martin Simonie – Sedgefield Rolbalklub.

Related posts

WEES DEEL VAN GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

OCTOBER – A BUSY MONTH ON ALL FRONTS!

Jannes Buys

YOUTH CAFÉ ABUZZ IN GREAT BRAK RIVER

Jannes Buys

JUNIOR SOCCER WORLD CUP VIND PLAAS OP 24-30 JUNIE

Laurinda Smit

AMBASSADEUR VIR DIE MUSEFEES, GROOT-BRAKRIVIER

Laurinda Smit

Green Belt Fights Back

Matthew Thorpe