Ons “BRAKRUN”, die voorloper tot ons eie PARKRUN, skop op SATERDAG 2 NOVEMBER 2019 om 08:00 in Groot- Brakrivier af!
Deelname is gratis en almal is welkom om aan die BRAKRUN 5 km roete te kom deelneem. Stappers, drawwers, jonk en oud is almal welkom!
Die roete begin en eindig by Laerskool Vorentoe se sportgronde. Voldoende parkering en ablusiegeriewe is beskikbaar.
Ons is baie opgewonde en sien met groot verwagting uit na die rol wat die BRAKRUN sal hê op die bevordering van ‘n meer fikse, gesonde en positief ingestelde gemeenskap.
Deelnemers se tye sal weekliks geneem word en elke deelnemer word gemotiveer deur sy eie vordering.
Kom bring julle gesinne, oupas en oumas en word deel van hierdie positiewe kultuur.
Ons benodig vrywilligers wat elke Saterdag sal diens doen as “ Marshalls” en tydhouers. U hulp sal waardeer word.
Navrae kan gerig word aan:
- Herman Swanepoel 082 3384722 herman@holaw.co.za
- Barend Van Der Merwe 082 9011290 barendx1@gmail.com
- Rika Spang 082 3364953 rika.spang@gmail.com