23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & Living

Hoe het Steinhoff gebeur?

TITEL : Steinhoff en die Stellenbosse Boys
OUTEUR : James-Brent Styan
KATEGORIE : Nie-fiksie
BLADSYE : 246
ISBN : 9780799371635
PRYS : R280,00
PUBLIKASIEDATUM : Julie 2018

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Skaars 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot ’n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het bedank en sedertdien val geraamtes die een ná die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir ’n blonde minnares en ’n lewe van oordaad.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit alles met die sogenaamde “Stellenbosch-mafia” te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensionarisse se geld heen?
Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie sake-exposé van die jaar, Steinhoff en die Stellenbosse Boys (LAPA Uitgewers).
Die boek is die eerste volledige weergawe van hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met tientalle betroubare bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul Styan die binnewerkinge van die groep.
Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in raadsale sowel as sitkamers oorvertel sal word.

Die skrywer
James-Brent Styan het in 2003 as ’n rekenmeester gekwalifiseer en daarna sy klerkskap by ’n ouditeursfirma voltooi voordat hy ’n sakejoernalis geword het. Hy het vir jare vir onder meer Finweek, Forbes Africa, Sake24, Fin24, Beeld en Die Burger geskryf en werk tans in kommunikasie. Steinhoff is Styan se derde boek. Sy ander titels sluit in: Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting en Blackout – The Eskom Crisis.

Related posts

Manneloog

Laurinda Smit

EERSTE GB WALK: INGESEËN MET HEERLIKE REËN!

Laurinda Smit

BIRDING PARADISE ON OUR DOORSTEP!

Scott Thomson

GB WALK 2022!

Annlerie van Rooyen

KOM ONS VAT HANDE!

Laurinda Smit

HOW A SIMPLE SMILE BENEFITS YOUR BRAIN AND BODY

Debbie Hampton