23 C
Mossel Bay
1st December 2023
Community & Living

Hoekom moet ek ‘n Testament hê?

‘n Gesegde lui: “Iemand wat sterf sonder ‘n testament het prokureurs as erfgename”

Almal van ons aardse wesens gaan eendag sterf. Al wat onseker is, is wanneer. Dit is belangrik om terwyl jy nog kan, ordentlik te beplan om jou geliefdes versorg agter te laat. ‘n Goed opgestelde testament verminder ook die trauma vir jou geliefdes by jou afsterwe, deurdat dit sekerheid skep oor hoe jou boedel hanteer moet word.
Indien jy sonder ‘n testament sterf, moet jou boedel hanteer word volgens die intestate erfreg. Dit het die volgende konsekwensies:
• Jou boedel word verdeel volgens die reg en nie volgens jou wil nie,
• Jou boedel word beredder deur ‘n eksekuteur in wie se aanstelling jy geen sê het nie, instede van iemand wat jy
vertrou om die boedel spoedig en effektief af te handel,
• Jy kan nie bepaal wie die voogde van jou kinders of ‘n trustee van n trust mag wees om in hulle belang op te tree
nie,
• Jou minderjarige kinders se erfporsies word in die statutêre Voogdy-fonds gehou tot hulle die ouderdom van 18 jaar
bereik.
Indien jy intestaat sterf word verdeling van jou boedel volgens ‘n sekere rangorde gedoen. Direkte nasate en gades word voorkeur gegee, en in gevalle waar daar geen nasate of gades is nie, word ouers, broers en susters bevoordeel.
Indien jou gade saam met kinders nagelaat word, sonder ‘n testament kan dit die oorlewende gade in ‘n benarde finansiële situasie plaas, aangesien die boedel gedeel word tussen die gade en die kinders. Die gade is slegs geregtig op die grootste van R 250 000.00 of die waarde van ‘n kindsdeel.
Mens sal ook graag spesifiek voorsiening wil maak vir nasate wat kwesbaar is weens siekte of gestremdheid.
Die realiteit van die situasie is om onmiddellik vir jou ‘n testament op te stel, waarkragtens jyself kan besluit wie kry wat, volgens jou unieke gesinsomstandighede en om toe te sien dat jou boedel effektief afgehandel word.
”Death is so terribly final, while life is full of possibilities” George Martin – Game of Thrones

Related posts

Jou Tuin is jou Toevlug

Lydie Terblanche

AFRIFORUM BUURTWAG

Johan Scheepers

DIE KREATIEWE PROSES

Annlerie van Rooyen

Your Brain On Travel

Annlerie van Rooyen

GOEDVOEL-OOMBLIKKE

Laurinda Smit

Book review: Fighting for the Dream

Laurinda Smit