22.4 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & LivingHealth & Beauty

HOU JOU LEWE SINVOL!

Hieronder volg ’n paar voorstelle van dinge wat my lewe sin gee. As ek ten minste 10 dinge onthou voor ek gaan slaap, voel ek tevrede en is my lewe nuttig,  sinvol en kleurvol.

1. Doen ’n fisiese oefening.

2. Soek iets wat besonder mooi is wat jy nog nie voorheen gesien het nie – dit hou jou vatbaar vir die mooi in die lewe.

3. Voer ’n sinvolle gesprek met ’n persoon sonder om oor politiek of COVID-19 te kla.

4. Werk in die tuin of doen iets met plante om jou in voeling te hou met die lewenskragtige natuur.

5. Doen iets nuttig of nodig in jou woonplek,  al pak jy net ’n laai reg.

6. Maak een keer per dag ’n lekker ete – doen moeite.

7. Lees ’n stukkie wat jou opbou – ’n gedig of ’n storieboek. 

8. Dans op die musiek op die radio – “dance as if nobody is watching”.

9. Lag: soek iets komies of vertel of luister na ’n grap .

10. Doen iets vir iemand anders – “a random act of kindness”.

11. Gee ’n opregte kompliment.

12. Tel ’n paar papiere/plastiek op in die straat.

13. Leer iets wat jy nie voorheen geweet het nie, al is dit klein. 

14. Iets kreatief verskaf baie sin en plesier – skilder, borduur, versier, verfraai.

15. Maak jou rekenaar se “Inbox” leeg, handel jou foon se boodskappe af.

Almal sal iets anders op hul eie lysies kan sit, maar maak net seker dat jy daagliks iets op daardie lysie uitvoer!

Related posts

KOM DOEN IETS MERKWAARDIG – SKENK BLOED!

Annlerie van Rooyen

WEES DEEL VAN GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

STRANDINGS – WHAT SHOULD I DO?

Janine Pereira

STAYING MOBILE AND FLEXIBLE IN BODY AND MIND

Annlerie van Rooyen

BEPLAN JY OM LATER AF TE TREE?

Sanlam

UNSUPERVISED SURFING – FIVE THINGS TO REMEMBER

Cheryl Barnett