15 C
Mossel Bay
25th Apr 2019
Community & Living

“Immergroen”- dis ons Jack Juries

Jack, nou reeds 75 jaar oud is ‘n boorling van Groot Brakrivier en is ons eie rugby legende. Sy bynaam “Immergroen” het hy gekry omdat hy tot op die ouderdom van 60 nog klubrugby vir Good Hope gespeel het, voordat hy uiteindelik sy stewels opgehang het.
As kranige rugbyspeler het hy reeds in 1964 homself bewys as die beste no.8-speler in die SARF geledere en het hy vir die Proteas uitgedraf vir ‘n wedstryd teen SARA (SA Rugby Assosiasie) asook vir ‘n wedstryd teen die SARU (SA Rugby Unie) besoekerspan.
Vanaf 1971 tot 1976 het hy die Proteas verteenwoordig in wedstryde teen Engeland, die destydse Rhodesië, Nederland, Ponsoby van Nieu-Zeeland, Frankryk, die All-Blacks, die Britse Leeus en Wallis, meestal as 8ste man maar by drie geleenthede as Kaptein.
Vanaf 2004 tot 2007 het hy as keurder vir die SWD Arende opgetree.
Tydens sy loopbane as Oud- Polisieman en later as werknemer by Watson Shoes het sy liefde vir koormusiek ‘n groot rol in sy lewe begin speel. Sonder formele opleiding het hy onder leiding van James Clifford Jacobs sy rugby afrigter en koorleier sy musiektalent ontwikkel. Vandag is hy koorleier van ‘n koor wat uit drie van die kerke in Groot Brakrivier saamgestel is en is hulle gereeld te hoor tydens streekskoorfeeste en kerkdienste.
Henry Koert noem in sy artikel, “Jack Juries is vir baie net ‘n rugbyspeler van ‘n vergete tydperk van verdeeldheid in Suid-Afrikaanse rugby is. Maar vir die wat hom baie goed ken is hierdie individu ‘n leier, ‘n gemeenskapsman en ‘n aansporing vir die jonger generasie.”
Ons wat al met hom te doen gehad het stem heelhartig met Henry Koert saam …. net jammer dat die jare aangestap het ; ons het hom nou vir die Springbokke nodig.

Related posts

Geboueversekering is belangrik

Mona de Wet

Grootbrak Grabadoo

Mimi Finestone

Dronkbestuur: “Nog enetjie vir die pad?”

Wilhelm de Wet

NSRI Station 15 Mossel Bay passionate about sea rescues – Part 2

Mike Ehrman

The Shweshwe Stop

Nelma Ruschioni

A New Year – A New Challenge Ever tried Bastervoet ?

Mariëlle Renssen

Leave a Comment