22.4 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & Living

Inspirerende Landbouprojek vir Jeug in Groot Brakrivier

‘n Groep begeesterde inwoners van Groot Brakrivier het saamgespan en ‘n landbouprojek van stapel gestuur spesifiek gerig op die jeug. Partye wat ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit het is Barry Jacobs van die Khoisan stamhuis wat die grond by Boltons huur, Property Connect wat as hoofborg optree en verskeie kundiges van die omgewing.
Die opleiding sluit die hele spektrum van landbou in o.a bewerking en voorbereiding van die grond, aankoop en plant van saad, bemarking van die produk nog voordat dit geplant is om sodoende vraag en aanbod te bepaal asook die verkoop van die finale produk. Amptelike klasse vind plaas op Donderdae en is dit die leerders se verantwoordelikheid om onafhanklik en selfstandig te funksioneer. Daar word beoog om ‘n formele markie in Langstraat op te rig, waar groenteverbouers tans hul groente uit ‘n kruiwa verkoop. In die toekoms sal boere van die omliggende omgewing ook hier hul vars produkte kan lewer.
Ons sien uit om die heerlik organies verboude produkte binne die afsienbare toekoms hier te koop. Wat ‘n positiewe verskil kan dit nie maak in die lewens van tien jeugdiges en hul families!

Avlnr Manie Oosthuizen van Property Connect, Barry Jacobs, Willie Liebenberg en Claude, kranige landbouer met van die voornemende toekomstige boere.

Related posts

NSRI Pink Rescue Buoys win International Award for Innovation and Technology

Craig Lambinon

GESKILLE EN PROSEDURES IN DIE WERKSPLEK

Patrick Vosloo

TIME-BAR CLAUSE IN YOUR CONSTRUCTION CONTRACT

Herman Swanepoel

KOM DOEN IETS MERKWAARDIG – SKENK BLOED!

Annlerie van Rooyen

CAWS 4 PAWS: GEMEENSKAP- EN DIEREWELSYNSORGANISASIE

Lydie Terblanche

OUTENIQUA CHAIR CHALLENGE (OCC)

Annlerie van Rooyen