Rommel in oseane is een van die mees ernstige besoedelingsprobleme wat ons planeet wurg. Veel meer as net hoe sleg dit lyk, is ’n stygende gety van marine-afval besig om mense se gesondheid, ons wild, seelewe, gemeenskappe en ekonomieë wêreldwyd te bedreig.
Saterdag 19 Oktober 2020 was dit Internasionale Kusskoonmaakdag (International Coastal Cleanup Day).
In die Midbrak-area het inwoners op Suiderkruisstrand byeengekom om deel uit te maak van hierdie projek. ’n Noemenswaardige 98 persone het deelgeneem. Saam met lede van die Groot-Brakrivier- Bewarea, plaaslike tuinbouklubs, die Vroue-Landbouvereniging en ’n span van Polyoak, was daar ook oumas, oupas en kleinkinders. Vrywilligers is te voet na die strand en met kano’s op die rivier om rommel en data te versamel. Hierna is die data georganiseer en geanaliseer deur die Bewarea voordat dit weggestuur word vir publikasie deur die International Ocean Conservancy.
Vreemde items wat tydens hierdie strandskoonmaak gevind is, sluit ’n brandblusser, rugbybal, gholfbal, klere en skoene, braairooster, pleister en ’n teesakkie in!