14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & Living

Is jy seker jou besigheid is “GESOND”?

Baie maatskappye bevind hulleself onder finansiële druk in vandag se uitdagende ekonomiese omstandighede en komplekse handelsomgewing. Dit is van uiterste belang dat direkteure en / of eienaars van ondernemings gereeld die “kritiese maatstawwe” van hulle besigheid nagaan om te verseker dat die besigheid gesond is en onmiddellik gepaste aksie en besluite neem wanneer dit aan die lig kom dat hulle besigheid in finansiële nood verkeer. Daardeur kan kundige kennis en advies betyds ingewin word en ‘n reddingsplan geformuleer en in werking gestel word om die besigheid weer in ‘n stabiele en gesonde posisie te plaas, voordat formele prosesse soos sakeredding of likwidasie hoef plaas te vind.

Die volgende is sommige van die kritiese vrae wat elke besigheidseienaar of Direkteur hulleself moet afvra:

Genereer my besigheid genoeg wins en gepaardgaande kontant om verskaffers, personeel en belasting te betaal soos en wanneer dit verskuldig raak?
 

·  Het my besigheid ‘n duidelike strategie wat alle relevante aspekte van besigheid in vandag se komplekse handelsomgewing aanspreek?

·  Ingeval een of twee van my groot kliënte nie in staat sou wees om hul rekeninge te betaal nie of selfs toemaak, sou my besigheid in ‘n posisie wees om uitgawes te dek en aan te hou handel dryf?

·  Is al my besigheid se belasting-opgawes ingedien en is betalings aan SARS op datum?

·  Voldoen my besigheid aan alle regulatoriese vereistes, ingesluit dit wat spesifiek tot ons industrie is?

·  Voldoen ons aan die vereistes van die Wet op Arbeidsverhoudinge deurdat personeel lêers vir alle personeel, eienaars en bestuur ingesluit, tesame met verlof aansoeke, dissiplinêre prosedures en induksie dokumente op rekord en op datum is?

 
 
Indien u antwoord NEE is op enige van hierdie vrae, bestaan ‘n sterk moontlikheid dat u besigheid bestem is vir moeilike tye en oppad is na intensiewe sorg of die lykshuis.

Hier volg ‘n paar eenvoudige wenke:
 

·  Identifiseer en verstaan die finansiële drywers en syfers van u besigheid – daagliks, weekliks en maandeliks;

·  “Kontant is koning” …  en dit beteken nie wins nie! Is jou kontantvloei positief?

·  Elke besigheid moet oor ‘n duidelike strategiese plan beskik wat op skrif vasgevang word en uiteensit Wie doen Wat, Waar, Hoekom, Wanneer en Hoe die besigheid bedryf sal word;

·  Wanneer daar finansiële druk in ‘n besigheid is, vereis dit vinnige en soms brutale besluitneming;

·  Bekom advies van spesialiste om u te help met korrekte besluitneming om die besigheid vorentoe te neem.

Indien u wil seker maak dat u nie enige kritieke gevaartekens in u besigheid mis nie, kontak gerus u prokureur.

Related posts

COMMENTS FROM BEHIND MY MASK

Michaela James

You and your Aging Parents

Dr Andrè Botha

COVID-19: REGULASIES EN UITSETTINGS

Gavin Jordaan

Barista Champion of South Africa visits our Region

Laurinda Smit

BIOMIMICRY – COPYING THE HEART OF NATURE

Sylvia Ferguson

HOW CAN WE ALL DEFY EFFECTIVELY?

The Growing Bolder Digital Digest