27 C
Mossel Bay
26th May 2019
Community & Living Nature & Nurture

Jou Tuin is jou Toevlug

2019 het met so ʼn knal begin, dit is moeilik om jou kop te draai om die feit dat Februarie amptelik die einde van die somermaande is! Hierdie somer in ons winterreënvalstreek was ook vreemd, so dis al of ons nog nie naby die einde van die seisoen kan wees nie. Nietemin, hier is ons met ʼn paar wenke vir laatsomer waterwys tuine.

  • Elke tuin het koel- en warm kolle, so ook beskutte- en ontblote dele. Bepaal hierdie dele vooraf en jy kan ʼn groter verskeidenheid plante kweek.
  • Verryk die tuingrond met kompos voor jy nuwe plante plant, maar as water skaars is, moet liefs nie bestaande beddings bemes nie. Bemesting lei tot sagte, geil groei wat meer water vra.
  • Bome is belangrik in tuine. Dit bied nie net skadu en privaatheid nie, maar ook skuiling vir voëls, verminder geraas en filtreer besoedelde lug.
  • Droë stompe is nodig as skuilplek vir (vriendelike) insekte.
  • Probeer om bestaande klippe in jou tuingrond, deel te maak van die landskap.
  • Waterwys plante het grysgroen-, klein naaldagtige, wasagtige-, vlesige en harige blare of stele.
  • Kruie is ook goeie keuses vir waterwys tuine. Dink byvoorbeeld hier aan Laventel (Lavandula-spp.), wat oorspronklik uit die Mediterreense streke kom waar die klimaat baie ooreenstem met die Wes-Kaap. Dit aard baie goed hier (en in ander streke in die land) en groei in volson, met min water en geen moeite nie.
  • Onthou as jy nie ʼn reënwater tenk het nie, kan dit steeds met emmers opgevang word. Reënwater is die heel beste vir plante.
  • Laastens, sorg dat jou geute en dreine skoon is en snoei takke naby geboue terug.

Skep ʼn toevlug in jou tuin en geniet die laaste (amptelike) somermaand!

[healthyliving-herbs.co.za; lifeisagarden.co.za; shadowlands.co.za; capegardencentre.co.za]

Related posts

Wie en Wat is S.M.A.R.T

Tersia Marais

Does your business have a fever?

Danie Acker

Cape furs seal facts

Tersia Marais

Angels on the Swartberg Pass

Lana Laubscher

Cryptocurrency in your Estate

Ankia Botha

Being barefoot benefits brain development

Annlerie van Rooyen

Leave a Comment