12 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & Living

Jy het besluit jy wil jou huis verkoop – Wat nou?

Almal praat van die kopers wat nou hier in ons area is en huissoek. Jy het dus nou besluit jy wil ook deel wees van hierdie groepie wat wil verkoop, maar wat nou verder?

Al is die mark dalk besig hier by ons en mense weet daar is ‘n tekort aan goeie huise, is daar tog ‘n paar punte wat oorweeg moet word voordat jy jou huis in die mark plaas.

  1. Emosies

Om te verkoop is net so traumaties as om huis te soek. Maak seker dat jy klaar besluit het dat jy wil verkoop. ‘n Goeie aanduiding is om vir jouself die vraag te vra dat sou die agente die huis vandag lys en hulle bring vandag ‘n koper, of jy dan binne 2 maande sal kan trek. Indien nie, is jy dalk nog nie regvir verkoop nie en moet jy dalk eers introspeksie gaan neem.

  • Verkoopsprys

Vra vir twee of meer agente om vir jou ‘n waardasie op die eiendom te doen sodat jy kan sien wat hulle mening is. Sorg dat hulle van verskeie metodes gebruik maak om die bedrag te staaf. ‘n Hoër waardasie is nie altyd die regte prys nie, aangesien party agente hoog waardeer om sodoende die mandaat te “koop”. Vra ook vir agente wat al lankal in die area is, en ‘n betroubarenaam het, om te help met die waardasie aangesien hulle die mark in die area die beste ken. ‘n Hoër verkoopsprys is ook nie altyd die beste aangesien die huis dan baie lank in die mark is, en mense begin wonder wat fout is met die huis.

  • Eiendomsagent

Plaaslike kennis van die area is baie belangrik en is dit goed om van plaaslike agente gebruik te maak. Maak ook seker  dat hulle hul getrouheidssertifikate het en dat hul al hul eksamens afgelê het. Sodoende verseker jy dat jy met professionele agente werk wat jou die beste kan adviseer en bystaan met die verkoop van jou eiendom. Doen ook navorsing oor die betrokke agentskap en kies ‘n agentskap met ‘n goeie verkoopsrekord en ‘n hoë etiese optrede. 

  • Banksake

Banke vereis dat jy 90 dae moet kennis gee voordat hulle die verband kanselleer. Dit is dus nodig dat jy onmiddellik die bank in kennis stel dat jy wil verkoop sodat daar nie ‘n vertraging is met die oordrag nie. Onthou ook om die kennis te hernu sou die huis nie binne die 90 dae vanaf kennis verkoop nie. Indien jy dit net los, moet jy weer van vooraf kennis gee. Indien die verband voor die tyd kanselleer word, hef die banke nog steeds die rente asof die rekening oop sou wees vir die 90 dae. (pro rata bereken vanaf kennis datum).

  • Skoudae en besigtiging

Onthou jou huis is elke dag nou op skou en is dit goed om alle oortollige meubels te verwyder. Dit is ook goed om vir daardie tyd dalk jou troeteldier te verskuif na vriende of dalk te reël dat iemand hom neem vir ‘n uitstappie.

  • Aanbiedinge

Indien jy ‘n laer aanbod ontvang, moet jy mooi gaan dink en met die agent bespreek of dalk ‘n teenaanbod oorweeg. Geld in die bank is dalk ‘n beter opsie as om vir nog 3 maande te wag vir ‘n moontlike koper.

  • Deursigtigheid

Vertrou jou agent en wees openlik met die rede hoekom jy wil verkoop. Jou openheid sal baie keer die agent help om op die regte manier die transaksie te hanteer en ‘n dringende verkoop vining af te handel.

  • Terugvoering

‘n Goeie agent sal terugvoering gee nadat ‘n koper jou huis besigtig het. Probeer om nie emosioneel op te tree of die terugvoer persoonlik op te neem nie. Vertrou jou agent om jou die regte raad en leiding te gee. Kopers sê ook baie keer iets negatief om sodoende nie die huis te koop nie.

Related posts

Lights & Lanterns Spectacle 2018

Annlerie van Rooyen

Great Brak Conservancy – Perspective from the Chair.

Scott Thomson

REHABILITASIE VAN STRATE GROOT BRAKRIVIER

Laurinda Smit

GB WALK 2022!

Annlerie van Rooyen

DIE KREATIEWE PROSES

Annlerie van Rooyen

INCREDIBLE “SEA ORGAN” USES OCEAN WAVES TO MAKE MUSIC

Nicole Jewel