20 C
Mossel Bay
28th Nov 2021
Community & Living Nature & Nurture Tourism & Travel

KLEIN DADE IS BETER AS GROOT WOORDE

Vir ’n  oomblik gee ek myself oor aan die nostalgie toe ek stilstaan voor my pronkertjies nadat ek deur feestelike en kleurvolle rye saailinge in volle blom gestap het tydens ’n onlangse besoek aan die kwekery. Daar is mos niks soos ’n bietjie “spending therapy” om die gemoed ligter te maak nie – immers is dit beter dan die groot Cadbury Bubbly wat jou met selfverwyt vul wanneer jy terugblik na die leë pers papier op die kas.

As kind onthou ek hoe ek vroegoggend wakker geword het met die sagte geur van pronkertjies voor my kamervenster. Die fyn glasvase waarin ek die langsteelpronkertjies rangskik het om op my Moeder se bedkassie te plaas voordat sy namiddag terugkom vanaf die werk.

Klein handelinge wat ’n groot impak maak. Miskien het dit weer tyd geword dat ons ons laat lei deur die gee in eenvoud deur gebare en dade. Moontlik nie te veel fokus op hoe dit ander laat voel nie, eerder hoe dit jou laat voel om onbaatsugtig te deel en uit te deel van jouself.

Kies om wanneer jy met jou twee-, vierbeen- of kleinkinders strand toe gaan of gaan stap ’n sakkie vol uitspoelrommel bymekaar te maak, terug te stap en dit dan beter agter te laat. Wees dapper en neem die 4 x 4-spasie links, voor en regs van jou op die sypaadjie onder jou vlerk en koester en vertroetel dit tot iets waarop almal trots kan wees. Al is dit nie jou plig nie, maak dit jou plesier. Skakel in by jou plaaslike Buurtwag, die Bewarea-groep, Belastingbetalersvereniging of omgeegroep. Elkeen se betrokkenheid op watter vlak ook al, maak ’n verskil en impak op ’n omgewing en dorp. Dit gaan oor hoe dit jou laat voel wanneer jy weet jou klein daad en aandeel het ’n bydrae gemaak tot die geheelprentjie van kleur en geur.

Ek stap welgeluksalig weg met my R20 se “spending therapy”-selfbederf en ek weet dat dit nie alleenlik vir my vreugde bring nie, maar iets word wat ek met ander sal kan deel en uitdeel.

Related posts

GEEN WYN VIR ’N WEEK NIE

Lydie Terblanche

REHABILITASIE VAN STRATE GROOT BRAKRIVIER

Laurinda Smit

Turtle hatchlings will soon head our way!

Tersia Marais

RENOSTERVELD BIRDING

Christaan Viljoen

BETTER WITH BIODIVERSITY

Scott Thomson

MNR. OUTENIQUA

Ane Zevenster

Leave a Comment