16 C
Mossel Bay
29th May 2023
Community & LivingNature & NurtureTourism & Travel

KUNSAASHENGEL IN DIE TUINROETE

Waarvan praat jy, geen vis eet mos yster of plastiek nie, of hoe?

In ons moderne era is daar soveel tegnieke en metodes waarmee ons die visse flous dat sekere gesoute hengelaars kunsaas verkies bo vars aas. Met kunsaas ruik jy nie meer soos ’n visfabriek na ’n hengelsessie nie en boonop dwing sukses ’n bietjie respek af onder mede-hengelaars. Hier kyk ons na ’n paar gewilde soorte kunsaas vir elwe, kabeljoue en knorhane.

ELWE is agressief en byt veral in die vroegoggend of laatskemer. Gekleurde en blink lepels is uiters effektief. Dis nie ongewoon dat hengelaars op Klein-Brakrivier, Glentana, Wildernis en Hartenbos se strande gooi-vir-gooi vasmaak met die lekker eetvis nie. Hulle verkies skoner water en vermy groot branders wat die see omdop.

Die 40 g-lepel het veelvuldige los enkelhoeke. Drie-angelhoeke maak dit soms moeilik om vis vry te laat en boonop verloor ’n mens minder groot vis met enkelhoeke.

Die blink “Toby”-lepel het ’n goeie swemaksie vir elwe.

KABELJOUE Die Orca-kleurige “Paddle Tail” is ongeveer 4-6 duim lank. Dis gemaak van plastiekrubber met ’n waaierstert wat vibreer terwyl die vissie beweeg. ’n Groterige hoek met ’n loodgewig word deur die rubbervissie gehaak waarvan slegs die buitepunt van die hoek uitsteek. Gooi dit bo-op ’n sandbank en werk dit dan stadig of met rukbewegings in ’n sloep in, langs of voor die sandbank. Kies werkende water met skuim en vermy weereens massiewe branders wat te veel sand opskop.

KNORHANE Menigte hengelaars sukkel om die gesogte knorhaan (grunter) met kunsaas te vang. Jy sal die meeste sukses in ons riviere behaal, veral in die Klein-Brakrivier en Gouritsrivier. Die “Rapala Skitter V” is sekerlik die mees suksesvolle knorhaan-kunsaas – pienk, wit en chroom is goeie keuses. Knorhane is skugter, dus moet jy die visse met stilte en tegniek aandurf. Teiken areas waar die visse regop staan met hul sterte wat die water breek terwyl hulle sandgarnale jag. Vermy diep waters met drywende kunsaas met ’n stadige swem-aksie.

Goue wenk: Dra altyd ’n gepolariseerde sonbril as jy met kunsaas hengel!

Harten-Hengel Outdoor Facebook (https://www.facebook.com/groups/261383610996998), Kleinbrak; www.sealine.co.za, Kunsaaswenke, Hengelgerei, Soutwatermere; Reading the Sea … and other secrets of sea angling, Nickie Louwrens; www.fishbook.co.za, Craig Thomassen, Grunter on Rapala Skitter V

Related posts

WHAT’S ON THE MENU?

Sally Adam

Is jy seker jou besigheid is “GESOND”?

Rauch Gertenbach Attorneys

Traumadekking

Des Sinclair

BRIDGES … A MEANS OF CONNECTING

Mariëlle Renssen

LOSS AND GRIEF

Mandi Jonker

GET CREATIVE!

Cathy Fourie