14 C
Mossel Bay
28th May 2023
Community & LivingHealth & Beauty

KYK OP NA … JOUSELF!

Ons het almal kleintyd ’n “celebrity”, ’n vriendin, ’n onderwyser of ’n belangrike rolspeler bewonder. Jy het byvoorbeeld van hulle glimlag gehou en geoefen tot jou glimlag ook so lyk, want dit was vir jou mooi. Terwyl ons soms so baie tyd bestee om na ander op te kyk, vergeet ons om ook in bewondering na onsself op te kyk. Dalk vergeet ons om meer in die “spieël” te kyk na ons eie “glimlag”. Elke mens is van onskatbare waarde, waarvan ons soms die skittering verloor of miskyk, maar met die regte leiding kan ons dit weer raaksien en ontdek.

In elke mens se geloof is ’n grootsheid, maar ook ’n onsigbaarheid en soms vertwyfeling, totdat die bewyse van jou God se bestaan vir jou tasbaar word en jy ’n oomblik van werklikheid besef en beleef. Hoe groot is jou geloof in jouself egter? Raak dit ook soms onsigbaar en word ander mense en die lewe met sy gebeure meer motiverend as jou eie menswees?

Narratiewe Terapie reis saam met jou in jou eie menswees. Help ontdek die skatte in jou wat vergete geraak het vir jouself en neem jou na jou ligstraaltye en goeie oomblikke of gebeurtenisse, wat so maklik verswelg word deur swaarkry en moedeloosheid, wat jou laat glo daar is nie hoop nie. Dis die tye wanneer jy strewe om soos ander te wees, want hulle lewens lyk soos sonstrale waarna jy wil reik om ’n donkerte of vaalheid in jouself te verlig.

Jou unieke identiteit, wat voordurend geslyp en verander word deur jou omstandighede en invloede van ander, asook gebeurtenisse, word op respekvolle wyse ontmoet. Dit wat vir jou geleer is en dit wat jy self geëien, beleef en emosioneel ondervind het. Dít word die produk van jou identiteit, geskep deur die slypsteen van die lewe, wat jou as diamant vorm op ’n besondere manier. Niemand se stories lyk dieselfde nie. Ons belewenisvan elke sekonde, dag, jaar en leeftyd, is soos die bloed in jou are, dit behoort net aan jou en jou DNA. Dit is jou eie skittering, wat verskil van alle ander mense op aarde – jou unieke jy!

Related posts

GROOTBROER LOER!

Wilhelm de Wet

DEEL VAN ’N GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

AN UNDER-RATED BUZZARD: THE FOREST BUZZARD

Christaan Viljoen

MERMAID MYSTERIES

Scott Thomson

CAWS 4 PAWS, VRYWILLIGERS EN GEMEENSKAP VIER VALENTYNSDAG!

Lydie Terblanche

FOREST BUZZARD TRAIL

Annlerie van Rooyen