21.9 C
Mossel Bay
28th November 2023
Community & Living

LAAT SLAAP IS NIE MEER ‘N OPSIE NIE!

Op die 3de Augustus 2018 het Aumario Wesso, Jowedan Trantraal en Bevené Trantraal die geleentheid gekry om deel  te wees van ‘n twee jaar weermagopleidingsprogram. Jeugdiges tussen die ouderdom van 18-25 jaar kon aansoek doen.Registrasie het in Stellenbosch plaasgevind vanwaar hulle na Thabanchu in die Vrystaat vertrek het om saam met 700 ander ‘n fisies uitdagende program ondergaan het. Hulle berig,”Dit is hier wat ons baie van onsself geleer het en ons besef het nie “mommy” of “daddy” kan ons help nie en dat ons op ons eie bene moet staan. Dit was “tuff” maar die eind resultaat was deur en deur die moeite werd. “

Ons boodskap aan al die jeugdiges van Groot Brak Rivier en omliggende areas is dat deure vir jou kan oopgaan maar dat net jy daardeur kan loop. Skrik wakker, staan op en maak soos ons en gaan na die Jeug Kaffee, dit is hier waar ons die geleentheid gekry het.

Baie dankie aan die Youth Café, Mosselbaai Munisipaliteit en veral ons ouers , familie en vriende vir die ondersteuning. Laaste maar nie die minste nie wil ons God dank vir die krag en genade, want wie het krag om elke dag 03h00 op te staan om jou dag te begin. Laat slaap is nie meer ‘n opsie nie!

Related posts

BLUEBOTTLES (PORTUGUESE MAN O’WAR)

Trudie Pienaar

The stranding of a whale

Tersia Marais

Establish Gratitude as a Daily Habit

Dr Andrè Botha

OUTENIQUA CHAIR CHALLENGE (OCC)

Annlerie van Rooyen

FROM BEACH TO MILL

Mariëlle Renssen

ONDERRIG TYDENS INPERKING – WEN OF VERLOOR MY KIND?

Jeannette Smit