16 C
Mossel Bay
3rd Oct 2023
Community & LivingGardeningNature & Nurture

LAFENIS IN DIE SOMERHITTE

Water in ons kustuine kan nouliks oordoen word. ’n Kruik waaruit water borrel om ’n biggelstroompie oor sy rande te laat vloei, sal die moeë strandganger afkoel. ’n Poeletjie wat voëltjies lok of die bewegende wolke weerkaats, kan in elke bedding geplaas word. Dit hoef nie duur te wees nie. ’n Plastiekbak wat in die grond gesink word met mooi, plat klippe rondom om rande te versag, kan selfs ’n waterlelie akkommodeer. Sekere grasse, bv. Acorus variegata, dwergnylpapirus en Louisiana-irisse, kan welig in so ’n geskepte “dammetjie” groei.

Daardie “moeilike” dooie hoek in die tuin, kan in ’n “retreat” met ’n bankie en kabbelende stroompie omskep word. Hier kan jy rustig met ’n boek ontspan. Waar ’n waterfokus geïnstalleer word, sal die grootte en verlangde effek daarvan bepaal hoe jy dit hanteer. ’n Natuurlike klipstroompie deels oorgroei met “Maidenhair”- (Adiantum-) varings, bly ’n wenner. Skep in die stroompie poeletjies waar water kan opdam en weer rustig verder kan vloei. Die kragpunt wat ’n pompie moet bedien, kan ook sagte beligting of ’n fokuslig akkommodeer. In groter dammetjies kan ’n hele ekologie geskep word. ’n Paar goudvissies wat tussen plante deur dartel, help om muskietlarwes te beheer. Diegene wat net beperkte ruimte het, kan steeds water in ’n tuintjie of op die balkon hê omdat daar baie kompakte waterfokuspunte in die mark beskikbaar is. Die kragverbruik is die ekwivalent van ’n gloeilamp.  

Tuinsorg in die hitte

Ons somertuine is nou vol kleur met daglelies en krismisrose. Veral laasgenoemde is in sandgrond voortdurend dors. Gee saans of soggens vroeg genoeg water en onthou deklae om hul “voete” verder koel te hou. Vir pragtige krismisrose op die Kerstafel sny slegs die “ryp” blomme en laat dit oornag in diep water lê (ryp blomme is die klein blommetjies wat binne die groot blomhoof oop is). Daglelies is eetbaar en word sedert 200 v.C. gebruik om vleisborde te versier. Volgens oorlewering het Julius Caesar en ryk tydgenote dit saam met massas vleise geëet. Daglelies kan in deeg gedoop en in diep olie gaargemaak word. Dit het ’n heerlike, botterige smaak.

Related posts

DIE TUINROETE SE BLOMME VAN HOOP

Heleen Coertze

Ageless Grace

Annlerie van Rooyen

GOOD PHOTOS OF THE MOON

Carly Earl

DIE KUNS VAN VERVALDATUMS

Laurinda Smit

BLESBOK ROAD – A LESSER-KNOWN BIRDING DRIVE

Christaan Viljoen

SIX THINGS TO CONSIDER BEFORE RETIRING

Gareth Collier