11.8 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & LivingEvents & Entertainment

Lights & Lanterns 2018 in Groot Brakrivier

Op 21 Desember 2018 om 19:30 word inwoners en vakansiebesoekers uitgenooi om vroegaand hul plekke in te neem en mee te doen aan die skouspel van vlotte met kerse wat te water gelaat word. Die gebeure vind plaas in Langstraat oorkant die Polisiekantoor.

Vir ʼn oomblik word daar weggebreek van die daaglikse gewoel, waar families en vriende met kombers en piekniekmandjies langs die rivieroewer uitspan. Vanjaar kan die boodskapkaartjies en kerse (R20) vanaf 12 November by TOTAL Groot Brakrivier aangekoop word. Boodskappe en wense word aan die verligte “maypole” gehang en kerse in houers word teen skemer aangesteek.

Die instelling fokus om ʼn inspirasie te wees dat gesindheid en uitkyk ʼn verskil kan maak. We can all choose to do good, and act out goodness.

Om ʼn inisiatief van hierdie omvang ʼn werklikheid te maak is ʼn span poging, met vrywilligers al druk besig agter die skerms met nuwe innovasies. Hou die pers dop vir meer inligting hieroor.

Aan die volgende donateurs en borge groot dank. TOTAL Grootbrak, Prime Cleaning Suppliers, SPAR, Pick ʼn Pay, Safari, Interwaste, Suiderkruis Sekuriteit, Midbrak Buurtwag Span, Mosselbaai Munisipaliteit, Mosselbaai Toerisme, Grootbrak Info Sentrum & THE POST.

Navrae kan gerig word aan Laurinda Smit 082 73 88011 met meer inligting op THE POST se webblad. www.thepost.org.co.za & Facebook @ The Post.

Related posts

MAY A MUSE GUIDE YOU

Lydie Terblanche

MAINTAIN HAEMOGLOBIN (IRON) LEVELS THE NATURAL WAY

Craig Hicks

‘TIS THE SEASON FOR CYCLING

Mariëlle Renssen

ELECTRONIC SIGNATURES – VALID OR JUST FANTASY?

Millers Attorneys Inc

MANY REASONS TO LOVE THE SEA

Sandhaya Raghavan

THE PERIL OF THE FERAL

Scott Thomson