34 C
Mossel Bay
29th February 2024
Children's well-beingGeneral knowledgeHealth & BeautyParenting

LIGSENSITIWITEIT: WANNEER IS SONBRILLE ’N GOEIE IDEE?

Ligsensitiwiteit, of fotofobie, word deur elke mens verskillend ervaar. Vir een persoon is dit net ’n effense ongemak terwyl dit vir ’n ander ondraaglik kan wees.

Die menslike oog bevat pigment epiteel wat natuurlike beskerming verleen teen helder sonlig, maar vir sommige is dit nie voldoende nie. Hierdie mense sal heeldag en aldag met hulle sonbrille op loop, selfs al skyn die son nie en is dit bewolk.

Wat presies is ligsensitiwiteit? Ligsensitiwiteit kan beskryf word as die verhoogde bewustheid, en gepaardgaande ongerief, wat mense ervaar wanneer hulle aan lig blootgestel word.

Die redes vir hierdie ligsensitiwiteit is veelvuldig en kan aan die volgende ses hoofredes toegeskryf word:

  1. Oogkondisies: Sommige oogkondisies soos droeë-oogsindroom en katarakke, maak die oog meer ligsensitief omdat die kornea beskadig word.
  2. Medikasie: Sommige medikasies bv. antihistamiene, antidepressante en antibiotika kan tot ligsensitiwiteit as ’n newe-effek lei.
  3. Allergieë: Allergiese reaksies wat die oë betrek, kan ligsensitiwiteit vererger.
  4. Migraine: Gedurende ’n migraine-episode raak die brein hipersensitief, wat dan lei tot ongerief wanneer die persoon aan helder sonlig blootgestel word.
  5. Genetika: Party mense is as gevolg van hul ouers se ligsensitiwiteit geneties meer ligsensitief.
  6. Albinisme: Die gebrek aan pigmentasie van die iris maak persone met albinisme meer ligsensitief.

Dus is ’n goeie sonbril altyd ’n goeie idee vir almal van alle ouderdomme wat ligsensitief is.

Hoe kies jy die regte sonbril ?

Wanneer jy ’n sonbril kies vir ligsensitiwiteit is daar ’n paar belangrike faktore om in gedagte te hou.

  1. UV-beskerming: Maak seker dat jou sonbril wel 100% UV-beskerming bied. Moenie ’n sonbril by iemand koop wat nie die UV-beskerming kan waarborg nie.
  • Polarisasie: Gepolariseerde lense help om weerkaatsings van blink oppervlakke soos water, sneeu en paaie te neutraliseer. Hierdie lense help veral baie met sport en ontspanning langs ’n meer, rivier of die see.
  • Lenstint: Die regte kleur tint sal ook help om “glare” te verminder. Die mees populêre kleure vir ligsensitiwiteit is grys, bruin en groen. Wees ook versigtig om nie ’n tint te kies wat te lig is nie omdat hierdie ligte lense op helder sonskyndae onvoldoende kan wees.
  • Passing: Maak seker dat die sonbrilraam wat jy kies vir jou voldoende dekking en beskerming gee. As die raam te klein is, kan daar steeds lig om die raam skyn en jou oë irriteer.

Ligsensitiwiteit is ’n baie algemene probleem wat deur verskeie faktore veroorsaak word. Die dra van ’n goeie sonbril is ’n effektiewe en selfs stylvolle manier om hierdie probleem aan te spreek. Of jy baie ligsensitief is of nie, belê gerus in ’n goeie paar sonbrille om jou ooggesondheid te verseker.

Related posts

WAT VIR JOU BELANGRIK IS

Madelein Campher

MURAL CAPITAL OF THE WORLD

Mariëlle Renssen

Preventing Dementia: Exercise and Dementia

Annlerie van Rooyen

SHOULD I GIVE OR NOT?

Jonathan Gelderbloem

WHALES ALONG OUR COASTLINE

S.M. A.R.T

HOW TO BOOST YOUR ENERGY WHEN THE SLUMP HITS

Ishani Chetty