20 C
Mossel Bay
23rd Mar 2023
Community & Living

Local is Lekker: Laerskool Vorentoe se groot fondsinsamelings projek vir 2019

Dit is local! DIt is lekker! Dit is hier!

Laerskool Vorentoe skop ’n nuwe fondsinsamelingsprojek af op 13 Oktober 2019 waar ons ons kragte saam snoer met plaaslike besighede op ’n eg en trotse Suid-Afrikaanse manier.

’n Katalogus is saamgestel waarin plaaslike besighede wat wou deelneem aan die projek, hulle produkte ten toon stel.  Die skool se leerlinge versprei dan hierdie katalogus en bestelvorms tussen vriende en familie (onder die nodige toesig natuurlik) en probeer soveel moontlik bestellings genereer vir die produkte op die lys. Daar is ’n hele verskeidenheid, van bad olies en skoonheidsprodukte tot internetdienste, blomme, kos en vele meer. Met Kersfees net om die draai gaan geskenke koop hierdie jaar sommer baie maklik en gerieflik wees.

Mark dag op 30 November 2019 by Laerskool Vorentoe se sport gronde, is dus die groot dag waarop alle bestellings direk by die verskaffers opgetel kan word. Die mark is oop vir enige iemand wat wil bywoon en beloof om hope pret te wees. Met boeresport, musiek, potjiekos kompetisies en stalletjies hoef jy nie net te kom as jy bestellings geplaas het nie, kom sommer net vir die gees en ondersteun ons gemeenskap. Hou dus hierdie datum oop in jou dagboek… ons sien jou by Local is Lekker!

Vir verdere inligting kontak Kate Vos op 082 932 4492 of Mariaan Botha op 072 710 7081

Related posts

TO GOOGLE OR NOT TO GOOGLE …

Lydie Terblanche

DEEL VAN ’N GROTER GEHEEL

Laurinda Smit

HOW YOUR SELF-ESTEEM INFLUENCES WHAT YOU BUY

Max Alberhasky

GREAT BRAK RIVER RATEPAYERS SERVING OUR COMMUNITY

Anna Haquebord

THE SPOTTED EAGLE OWL

Peter Ginn

CAWS 4 PAWS, VRYWILLIGERS EN GEMEENSKAP VIER VALENTYNSDAG!

Lydie Terblanche