Marita van der Vyver, bekende en bekroonde Afrikaanse skryfster, het op haar mees onlangse besoek aan Suid-Afrika, op 20 Februarie as gasspreekster opgetree by Groot Brak Leeskring . Lapa, uitgewers vir haar nuutste boek Retoer, het haar al die pad van Provence, Frankryk, ingevlieg om by die US Woordfees en ander uitgesoekte gehore op te tree.
Retoer: Pretoria – Provence is ‘n bundel van die immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Sy neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld, van haar jeugherinneringe, haar studentedae tot die leefwyse in die Franse platteland. Met kenmerkende deernis , humor en eerlikheid dek sy ‘n wye reeks onderwerpe – tot ‘n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met ‘n ATKV – Mediaveertjie bekroon is.
Die Muses het behoorlik diѐ oggend op mekaar ingewerk – Marita met haar nuutste boek RETOER : Pretoria- Provance in die hand en as agtergrond die besonderse kunswerke van Art@ 39 Long Kunsgalery waar Groot Brak Leeskring maandeliks vergader.

previous post
next post