12 C
Mossel Bay
5th Jun 2023
Community & Living

MARKVERWANTE WAARDASIES

In opvolg met ons vorige artikel gee ons graag ‘n breedvoerige verduideliking van hoe ons as eiendomsagente te werk gaan om ‘n markverwante prys te bepaal wat beteken die prys wat ‘n eiendom behoort te behaal binne ‘n redelike tyd.
Ons gebruik 3 metodes:

  1. Ligging en waarde – ‘n Eiendomsagent moet ‘n eiendom van buite en binne inspekteer ten einde vas te stel wat die toestand, ouderdom en ligging van die eiendom is.
  2. Verkope in die area – Die prys soos bereken tov ligging en waarde word dan gebruik om te vergelyk met die verkope in die area.
  3. Vergelyking met huise wat tans te koop is – Weer eens word die bedrag wat bereken is met waarde en ligging gebruik om te vergelyk met huise wat tans bemark word in daardie prysklas. ‘n Ervare agent ken die eiendomme wat bemark word goed en het gewoonlik ‘n verskeidenheid eiendomme op die mark en sal dadelik ‘n aanvoeling hê van of die eiendom se prys opwaarts of afwaarts aangepas moet word.
    Inaggenome bogenoemde inligting tot die agent se beskikking word ‘n markverwante prys bepaal.
    Ons doen ‘n beroep op die publiek om gebruik te maak van ervare agente wat die area goed ken en kennis het van verkope om markverwante pryse vir hul huise te bepaal.
    Die eerste vraag aan ‘n eiendomsagent moet wees: ”Hoe lank verkoop jy al eiendom in hierdie area en is jy ‘n geregistreerde volstatus agent?”

Related posts

VOËLKYK TUSSEN DIE GROOTVOETE

Christaan Viljoen

Great Brak River Neighbourhood Watch

Andy Rijavec

South Africa needs kind people

Dr Andrè Botha

ARE WE FEEDING THE BEAST?

Scott Thomson

Waarom probeer ons so hard?

Laurinda Smit

Pinky the Flamingo

Scott Thomson