Daar is velerlei omstandighede wat veroorsaak dat die senior burgers in Suid-Afrika verarm, maar dit is altyd tragies. In die meeste gevalle het hulle doodeenvoudig nie iemand anders om hulp te verleen nie en moet hulle steun op organisasies soos Mobiele Etes vir Bejaardes (Meals on Wheels). Danksy mense wat omgee dwarsdeur Suid-Afrika, bedien en lewer Mobiele Etes vir Bejaardes meer as 31 miljoen etes per jaar af by behoeftige bejaardes. Daar is meer as 700 dienspunte regdeur die land in stede en dorpe wat gewoonlik goed gevestigde kombuise het. In landelike areas en in informele nedersettings word goed toegeruste “houer”-kombuise gebruik. Mobiele Etes Gemeeskapsdienste is in 1964 gestig en is by die Suid-Afrikaanse regering as ’n nie-winsgewende organisasie en as ’n Openbare Weldaadsorganisasie geregistreer. Sodoende sal enige bydrae tot Mobiele Etes belastingvry wees.
Vir meer besonderhede, kontak:
Lewensondersteuning: 0860 000 700
Faks: 086 767 5019
Epos: adminc@mealsonwheels.org.za
www.mow.org.za