Aneli Gerber (Chief Operations Officer) en Jamie-Lee Botha (Grootbrak Info Kantoor) het gedurende Maart ʼn besoek gebring aan Klipheuwel Padstal ten einde hulself te vergewis van al die ontwikkelinge in die omgewing.
Aneli was aangenaam verras met al die moontlikhede wat vir ʼn familie gebied word. Die groen grasperke met oop ruimtes is ʼn welkome bries in die natuurlike landelike omgewing met rotskoppe in die verte.
Gaste het tydens die uitstappie die geleentheid gekry om by Salty River Beerhouse die wye verskeidenheid “craft” biere te proe en Boplaas het gespog met hul nuutste toekennings en uitsoek verskeidenheid wyne.
Die Trail Park bied aan bergfietsryers en hardlopers die geleentheid om langs die Klein Brakrivier op privaat grond hul oefening te kry. Terwyl dit ʼn heerlike veilige speelplek is vir kinders kan ouers gesellig kuier rondom die pizza oond en ruim stoeparea.
Aneli en haar personeel is besig om met ‘n nuwe bemarkingsaanslag om Mosselbaai en omliggende areas se tradisionele uitkyk op Toerisme op sy kop te draai. Sy het die volle ondersteuning van die Mosselbaai Munisipaliteit en wens ons haar en haar span alles van die beste.